Mienke Mulder (3) het kwaai breinskade opgedoen nadat sy by haar dagmoeder aan melk verstik het.

Haar storie het destyds die land geruk en gebede het van oral vir die bruinoogdogtertjie ingestroom. Huisgenoot het ook talle stories oor haar en haar gesin gepubliseer.

Verna Mulder, Mienke se ma, het in ’n WhatsApp-boodskap bevestig: “Ons mooiste Mienks het haar engelvlerkies gekry vanoggend. Fly high baby girl… I will love you always.”

Foto: Verskaf
Verna het die foto Woensdagoggend aan geliefdes en vriende gestuur.

Verna en Ryno, haar pa, was nie onmiddellik vir verdere kommentaar beskikbaar nie.

Dit is ook nie duidelik hoe Mienke dood is nie, maar sy het gereeld siek geword en gesukkel om te sluk.

 Die Mulder-gesin. Pa Ryno met Zamoné in sy arms en ousus Leané voor met ma Verna en Mienke.
Die Mulder-gesin. Pa Ryno met Zamoné in sy arms en ousus Leané voor met ma Verna en Mienke.

Ná die fratsongeluk in 2017 het Mienke al verskeie kere verbeterings getoon en haar ouers was opgewonde omdat sy begin lag het en saam met haar gunstelingliedjies probeer “sing” het. Maar daar was ook heelwat terugslae. 


Foto: Facebook (Verna Rheeders Mulder)
Foto: Facebook (Verna Rheeders Mulder)
Mienke (middel) saam met haar sussies, Zamoné (lin
Mienke (middel) saam met haar sussies, Zamoné (links) en Leané. Foto: Facebook

Ons innige meegevoel aan die Mulder-gesin. Rus sag, kleine Mienks.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe