Liza het Maandagmiddag laat ’n sonarfoto met die woorde "Happiness is homemade" gedeel. 

“Ek en Ricus dank die Here ons God vir die perfekte lewetjie waarmee Hy ons seën en toevertrou!,” het Liz geskryf. 

Die gelukwense vir die egpaar het binne minute begin instroom. 

Die paartjie het omtrent rede om te vier. Ricus, veral bekend vir die treffer Hardekole, het onlangs ’n Ghoema-prys gewen vir sy huldeblykalbum aan Worsie Visser. 

Baie geluk, julle!