’n Werknemer wat die foon by die The Cow Jumped Over The Moon-kleuterskool antwoord, sê hulle kan in dié stadium geen kommentaar lewer nie.

Kapt. Nomsa Sekele, polisiewoordvoerder, sê die ma van die babaseuntjie het vir werkers by die kleuterskool gesê haar kind is siek toe sy hom aflaai.

“Sy het vir die kleuterskool gesê hulle moet die baba monitor en haar bel as daar enige verandering is,” sê Sekele.

“ ’n Werker het gesien die kind verswak en het die paramedici gebel. Met hul aankoms was die baba dood.”

Die baba is die middag ongeveer twaalfuur oorlede.