Dit was kwalik 'n verrassing, maar Tito Mboweni, minister van finansies, het toe inderdaad die sogenaamde sondebelastings, oftewel aksyns op drank en sigarette, verhoog.

Jy sal voortaan tussen 4,4 en 7,5 persent meer belasting op jou drinkdingetjie en rookgoed betaal . . . vergeleke met laasjaar se verhoging van tussen 7,4 en 9 persent.

Vanjaar se verhogings is steeds hoër as die inflasiekoers.

SIGARETTE

Van môre af betaal jy 74c meer vir sigarette per pakkie van 20.

Getty Images
Getty Images

DRANK

Belasting op wyn styg met 14c per 750 ml-bottel, en dié op hardehout met R2,89 per 750 ml. Die belasting op bier verhoog met 8c per 340 ml-blikkie. 

Gallo Images/Getty Images
Gallo Images/Getty Images


Hier is nog voorbeelde van hoeveel meer jy vorentoe vir jou "sondes" belas sal word:

Appelbier en alkoholiese vrugtedrankies: 8c meer per 340 ml-blikkie

Gefortifiseerde wyn: 23c per 750 ml

Vonkelwyn: 61c per 750 ml

Pyptabak: 40c per 25 g 

Sigare: R6,73 per 23 g