Beïnvloeder hoes meer as R2 miljoen vir 18 operasies om soos Koreaanse BTS-ster te lyk

akkreditasie
Oli London se gesig, wenkbroue, tande en oë is met plastiese chirurgie verander om, in ’n poging om "transrassig" te wees, Koreaans te lyk.

Praat van ’n obsessie! Oli London, ’n Britse beïnvloeder, was altesaam 18 keer onder die mes.

Hoekom? Om soos die sanger Park Ji-min van die beroemde Koreaanse popgroep BTS te lyk.  

Oli (31) identifiseer as "transrassig en niebinêr" en verkies die voornaamwoord ons/hulle eerder as ek/hy.

Die New York Post berig Oli, wat honderdduisende volgelinge in die sosiale media het, was “die afgelope agt jaar baie ongelukkig met wie ek diep binne was”. 

Toe word hulle Koreaans . . . teen ’n koste van meer as R2 miljoen, onthul TMZ

In ’n sosialemedia-aankondiging het Oli die Koreaanse vlag aangepas om die Pride-kleure te weerspieël en vertel dit was moeilik om uit te kom as “them/they/Korean”.

Die plasing het baie kritiek ontlok en Oli word van kulturele toeëiening beskuldig. 

In ’n verklaring aan Sky News sê Oli: “Ek wil nie negatiwiteit versprei of omstredenheid veroorsaak nie. Op die ou end is ek net ’n mens wat my waarheid leef. Dit is ’n ongelukkige werklikheid vir so baie om te moet wegsteek wie hulle werklik is.

“Ek weet baie mense verstaan my nie, maar ek identifiseer wel as Koreaans. Ek lyk nou Koreaans, ek voel Koreaans . . . dis net my kultuur. Dit is nou my land. Dis presies hoe ek nou lyk. En ek identifiseer ook as Ji-min – dis my loopbaannaam.”  

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees