Bekende aksie-akteur ‘in pyn, maar nog nie in rolstoel nie’

akkreditasie

Jet Li (55), van Lethal Weapon 4 en Romeo Must Die-faam, se byna bomenslike vernuf in die gevegkuns het hom die bynaam Koning van Kung Fu besorg. Hy was immers vyf jaar agtereenvolgens die wêreldkampioen in dié gevegskuns.

Maar sy gesondheid is besig om hom ’n ernstige knou toe te dien. Benewens been- en rugprobleme, het hy die afgelope 10 jaar onder meer ’n ooraktiewe skildklier.

Foto’s van Jet wat onlangs in die media verskyn het, het sy tientalle aanhangers geskok gelaat. Daar is min te bespeur van die akteur wat nie net met sy vegkuns deur die jare beïndruk het nie, maar ook baie aantreklik was.

Die hedendaagse weergawe van die aksieheld is ’n skraal en ineengedoke man, iemand wat aansienlik ouer as Jet se 55 jaar lyk . . .

Volgens die South China Morning Post hoop sy aanhangers op sy herstel nadat hulle die foto van hom by ’n tempel in Tibet gesien het. Dit is nie net sy voorkoms nie, maar dit lyk boonop asof iemand hom moet ondersteun terwyl hy loop.

Jet baklei kliphard terug en die siekte was vir ’n tyd onder beheer. Maar dit het nie lank geduur nie. Volgens Jet is die medikasie wat hy daarvoor neem, verantwoordelik vir sy wisselende gewig. Van die eens energieke en superfiks akteur is daar min te sien.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees