Elsie Hewitt, ’n 21-jarige model, beweer die akteur het haar in Julie aangerand nadat sy van haar besittings by sy huis gaan optel het.

Sy sê Ryan (43), met wie sy sowat vier maande lank uitgegaan het, was “baie dronk” en het haar aangerand.

Sy dagvaar hom nou vir skadevergoeding van amper R14 miljoen vir die aanranding wat haar met borspyn en kneus- en snyplekke gelaat het. Die voormalige Playboy-model sê in hofdokumente Ryan het haar gewelddadig by die trappe afgegooi.

Sy beweer ook hy gebruik ’n verskeidenheid dwelms, waaronder kokaïen en ecstacy, asook steroïedes. 

Maar bronne na aan Ryan – wat in 2007 geskei is van die aktrise Reese Witherspoon, by wie hy twee kinders het – sê dit het eintlik andersom gebeur. Elsie was dronk en het hom aangerand. Sy het glo haar beserings opgedoen toe sy geval het terwyl sy van die perseel begelei is.

“Ryan het nie sy hand vir haar gelig nie. Hy wil dit alles uitklaar en hy sal.”

Bronne: Daily Mail, People.com