Die Two and a Half Men-akteur het Corey na bewering seksueel aangerand terwyl hulle die rolprent Lucas in 1986 verfilm het. Charlie sou toe 19 gewees het.

Charlie se woordvoerder het aan The Hollywood Reporter gesê die ster “ontken die bewerings ten sterkste”.

Die bewerings het aan die lig gekom toe die voormalige akteur Dominick Brascia in ’n onderhoud aan National Enquirer sê sy destydse goeie vriend en medeakteur Corey het hom in sy vertroue geneem dat hy tydens vervaardiging van die rolprent “met Sheen seks gehad het”. 

“Haim het vir my gesê hy het met Sheen seks gehad toe hulle Lucas verfilm het. Hy het vir my gesê hulle het dagga gerook en intiem verkeer.

“Haim het gesê nadat dit gebeur het, het Sheen baie kil geword en hom verwerp. Toe Corey weer vryerig raak, het Charlie nie belanggestel nie,” berig Fox News.

Volgens Daily Mail het Corey Feldman, wat ook goeie vriende met Corey was, in sy memoires, Coreyography, geskryf Corey is op die stel van Lucas verkrag, maar hy het nooit die skuldige genoem nie. 

Charlie word ook daarvan beskuldig dat hy ’n 17-jarige vrou op die stel van Lucas gesoen en haar ook gevra het om met hom seks te hê.

Toe Fox News na Dominick uitreik, het hy die bewerings bevestig wat hy tydens die onderhoud met National Enquirer gemaak het.

Corey is in 2010 in die ouderdom van 38 weens verspreide alveolêre skade en longontsteking dood. 

Corey se ma, Judy Haim, het ook sedertdien enige bewerings ontken dat Charlie haar seun seksueel aangerand het. 

In ’n onderhoud met Dr. Oz het sy gesê haar seun was altyd baie openhartig teenoor haar, en hoewel sy beweer iemand het Corey misbruik, weet sy dit was nie Charlie nie. 

Bronne: Fox News, Daily Mail, The Hollywood Reporter, National Enquirer