Die Oscar-bekroonde aktrise Jennifer Lawrence (27) en die regisseur Darren Aronofsky (48) se paaie het geskei. 

Die paartjie het in September 2016 begin uitgaan, nadat albei van hulle aan die fliek Mother! gewerk het. 

’n Bron het die nuus aan Entertainment Tonight verklap. Die paartjie het sowat ’n maand gelede uitgemaak, maar bly steeds vriende, vertel die bron.

Die paartjie het vroeër in November langs mekaar gesit by ’n toekenningsgeleentheid in Los Angeles, al was hulle nie meer saam nie.

Volgens die bron was dit "maar net tyd" vir die paartjie om aan te beweeg, berig Page Six

Hulle het ’n lang tyd die verhouding stilgehou en eers ’n jaar later vir die eerste keer by Mother! se bekendstelling in New York hul verskyning as paartjie gemaak. 

Albei van hulle was voorheen in ernstige verhoudings.

Jennifer en die Britse akteur Nicholas Hoult was amper drie jaar lank saam, en daarna het sy amper 'n jaar lank met Coldplay se hoofsanger, Chris Martin, uitgegaan. 

Darren was nege jaar lank in ’n verhouding met die aktrise Rachel Weisz. Hulle het ’n 10-jarige seun, Henry.  

Rachel is nou getroud met die Bond-akteur, Daniel Craig.

Twitter se reaksie:

Bronne: People.com, Entertainment Tonight, Page Six, FoxNews, Jezebel.com