“Ja, ek het hom opgevloek,” vertel Réney, skrywer van die spanningsvolle boek Smit Motors toe Huisgenoot haar Dinsdag oor die voorval bel. Sy het die vorige aand op Facebook uitlatings aan haar gevoelende gegee nadat 'n rower Maandagmiddag 'n vuurwapen in haar vrou, Hannelie, 'n visuele kunstenaar, se gesig gedruk en van haar selfoon beroof het.

Maar hierdie was geen fiksieverhaal nie.

“Dit was ’n verskriklike gevoel. Die wete hulle kon haar doodgeskiet het vir ’n selfoon as sy hulle dalk net die dag ’n bietjie kwaad gemaak het. Eers was ek kwaad en hartseer, maar ek het ’n wyer begrip as dit . . . Ek weet met die toenemende hongersnood en werkloosheid is daar ’n moeilike tyd wat vir ons land voorlê.

“Maar niks regverdig dit om 'n lewe te wil neem vir 'n selfoon nie,”

Die egpaar is al 22 jaar bymekaar, 12 jaar daarvan getroud.

Reney se inskrywing op Facebook.
Reney se inskrywing op Facebook.

Hannelie vertel sy is nou oukei ná die ontbering.

“Ek is maar nog lekker shaky! Ek ry dié roete al vir 10 jaar . . .”

Hannelie vertel sy het Maandag omstreeks 16:30 voor donker van haar studio in die boomryke buurt Victoria Falls terug na hul huis in Parkwood gery toe sy deur naby Bereapark in Joe Slovorylaan ry.

Dié gedeelte is op die grens tussen Hillbrow en Yeoville. Sy het twee mans om haar motor sien beweeg toe sy by die verkeerslig tot stilstand kom. Daar was motors voor en agter haar in die besige straat op die eerste dag van Vlak 3 in die nasionale staat van inperking, waar die meeste mense weer kon terugkeer werk toe.

Hannelie was nog altyd waaksaam in die area, bekend vir misdaad in die stad, maar op dié dag was daar nie die sekuriteitswagte wat soos gewoonlik voor die grendeltyd juis hier sou patrolleer nie.

Sy was onkant gevang toe daar eensklaps ’n man aan die passasierskant van haar motor verskyn.

“Hy het met die vuurwapen so teen die venster gekap en gesê ek moet my foon gee. Hy het omgekom en ek het dit vir hom gegee. Ek en Réney is albei so, ons is nie erg oor aardse goed nie. Ons het alles op back-up, ek het nie geskroom om dit te gee nie.”

Hulle het ’n tweede man, reg voor haar, ook van sy selfoon beroof.

“Dit is toe ek besef daar is metropolisie twee motors agter my. Hulle het eers gesien toe die mans dié man se passasiersdeur oopmaak en hom beroof. Hulle het die mans in die parkie vergeefs agterna gesit.”

Renéy Warrington is die skrywer van die spanningsv
Renéy Warrington is die skrywer van die spanningsverhaal Smit Motors. Foto: Facebook
Die skrywer, Renéy Warrington by hul troetelhaas.
Die skrywer, Renéy Warrington by hul troetelhaas. Foto: Facebook

Réney vertel nadat die ergste skok oor was het sy besef met die tyd wat ons nou binnegaan, is dit iets wat sy weet mense nou al hoe meer gaan ervaar.

“Kyk, ek is nie negatief nie. Maar ek ís ook bekommerd. Mens is honger en werkloosheid gaan nou meer toeneem as ooit.”

Sy vertel Hannelie is reeds betrokke by ’n groot projek om die Jukskei-rivier skoon te maak.

“Ek is steeds opgewonde oor die land. Ons is lief vir Johannesburg. Ons bly al 20 jaar hier. Ek dink nie dit maak saak hoe jy ry nie. Mens moet waaksaam wees. Vir nou gaan ons net 'n ander plan moet maak.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.