Die Amerikaanse akteur, Mark Salling, wat veral bekend is vir die rol wat hy in die gewilde televisiereeks Glee vertolk het, kan minstens 20 jaar tronkstraf toegedien word.
Mark het die rol vertolk van Puck, ’n hoërskool-atleet en boelie, wat in ’n sanger ontpop het.
‘#Glee’ star #MarkSalling indicted on federal child porn charges https://t.co/DPLCJcWVhL pic.twitter.com/pLg3QjL9hj — Al Arabiya English (@AlArabiya_Eng) May 28, 2016
BREAKING: We can reveal a federal indictment is being filed against #Glee actor #MarkSalling https://t.co/8AUM6n8qtD @CrimeWatchDaily — Matt Doran (@mattdoran22) May 27, 2016
“Die tradisionele stereotipe rondom mense wat kinders seksueel uitbuit, oorvleuel geensins met die werklikheid nie,” het Joseph Macias, hoof van die Amerikaanse Immigrasie en Doene-veiligheidsondersoeke in ’n verklaring gesê.
“Ons ondersoekbeamptes kan getuig dat die beskuldigdes in kinderpornografiesake uit alle ouderdomsgroepe en agtergrond kom.”
“Mense is gereeld verbaas as hoë-profiel enkelinge onder die soeklig beland in sodanige ondersoeke en ons hoop ’n geval soos dié (Mark Salling) sal ’n groter bewustheid kweek.”
“Hierdie foto’s is veel meer as foto’s, dit is kindermishandeling.”
Mark het glo ingestem om homself aan die owerhede oor te gee op 3 Junie waar hy die klagtes rondom hom sal aanhoor.
Tydens dié proses sal ’n regter beslis of hy op borgtog vrygelaat sal word al dan nie.
Lesers mag hom ook onthou vir sy rol in die die 1996 gru-film Children of the Corn IV: The Gathering.
Bronne: 9news.com.au, english.alarabiya.net, reuters.com
Ander stories op Huisgenoot.com
Kyk: Die dag toe Minki van der Westhuizen Anneline Kriel ‘geword’ het . . .
Aktrise ‘vind haarself’ op die spoor van Bybelse gebeure
Dié optiese illusie gaan jou brein lekker deurmekaarkrap!
Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!
’n Heerlike digitale legkaart om die kleinspan mee besig te hou!
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET