Die model en sakevrou Brigitte Willers en haar kêrel van die afgelope paar jaar, Roderick Labuschagne, het afgehaak by die prentjiemooi Bosjes-trouvenue buite Worcester.

Brigitte het gestraal in haar pragtige trourok deur die Kaapse ontwerper Jacobus Dippenaar en het nie minder nie as sewe strooimeisies gehad. Die voormalige Mej. Suid-Africa Cindy Nell was een van hulle.

Roderick is ’n sportbestuurder en die paartjie het ’n vyfjarige seuntjie, Sammy. 

Brigitte is deesdae die bemarkingsbestuurder by die baie bewilde Shimmy Beach Club in Kaapstad en is ook die stigter van Glamour Aid, ’n inisiatief wat bekendes ’n platform gee om terug te gee aan hulle gemeenskap. Tussendeur bestuur sy ook haar blog, The Jog Blog, wat gaan oor gesondheid en leefstyl.