Die aanbieder van The Late Late Show het die nuus op Twitter gedeel.

James Corden en sy vrou, Julia Carey. Foto: Gallo Images/ Getty Images

“Ons het vandag ’n pragtige babadogter in die wêreld verwelkom,” het hy geskryf. “Dit gaan goed met haar en haar ma. Ons kan nie ophou glimlag nie.”

Hy het ook die geleentheid gebruik om Harry Styles te bedank wat sy pligte as aanbieder op die nippertjie oorgeneem het.

“Dankie, Harry, dat jy met ’n kennisgewing van net twee en ’n half uur aanbieder gespeel het! xxx,” het James getwiet.

James en Julia het in September by die Emmy-prysaand aangekondig hulle verwag ’n babadogtertjie, berig Daily Mail.

Die paartjie het op die rooitapyt vir die Extra-aanbieder Mario Lopez van hul opgewondenheid vertel. “Sy word teen Kerstyd gebore. Ons is baie opgewonde. Dit gaan wonderlik wees,” het James gesê.

“Ons verwag ’n dogtertjie, dit gaan ongelooflik wees.”

Hy het die boodskap oorgedra dit gaan dalk nie die laaste lid van hul groeiende gesin wees nie. “Ons het gesê ons is klaar ná twee; so wie weet?”

Die trotse ouers het reeds hul hande vol met hul twee ander kinders, Max (5) en Carey (2).

Bronne: E Online, Daily Mail, Us Weekly