Die vierjarige seuntjie wat Sondag voor ’n aankomende voertuig in Roodepoort beland het, is steeds in ’n kritieke toestand.
Faried Fourie word in die hoësorgeenheid in die Baragwanath-staatshospitaal in Soweto, suid van Johannesburg onder verdowing gehou, vertel sy ma, Beverley, wat langs sy bed waak.

“Sy longe is gekneus en hy het bloeding op die brein, maar niks kan vir hom gedoen word voor die swelling nie sak nie.”
Lees ook: Grootmaak-ma getuig in hof: So het ek Zephany gekry
Faried het Sondagmiddag saam met sy pa gaan stap toe hy skielik oor die straat hardloop en voor die voertuig beland.
“Maar wat presies gebeur het, weet ons nog nie. Alles was die afgelope twee dae nog net te traumaties.”

Sy sê sy sou baie graag haar seun na ’n privaat hospitaal wou laat oorplaas, maar kan dit nie bekostig nie.
“Al wat ek kan vra, is dat mense vir hom bid.”
– Deur Jaco Hough-Coetzee
Ander stories op Huisgenoot.com:
’n Gefuif terwyl jy swanger is ‘kan slaapprobleme veroorsaak’
Dapper vrou red haar man met geweld uit krokodil se kake
‘Mense dink ek het my baba verkoop,’ sê ma van ontvoerde Worcester-baba
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET