“Die huidige beskuldigings teen die 71-jarige voormalige president – wie se verlede met klagtes van seksuele wangedrag besaai is – spruit uit die tydperk nadat hy die Withuis in 2001 verlaat het, sê die bronne,” berig die Daily Mail

Blykbaar het die vroue se prokureurs Clinton se regspan reeds gekontak oor planne om vier afsonderlike hofsake teen hom te maak. 

Volgens berigte vra hulle geld om stil te bly en sal hulle alles bekend maak as die regsonderhandelings misluk.  

“Die nuwe bewerings verwys na voorvalle wat meer as 10 jaar gelede plaasgevind het toe die biljoenêr Ron Burkle Clinton aangestel het,” berig news.com.au

Die maak Clinton die jongste hoëprofielman wat deur seksuele teistering bevlek is. 

Die rits mans wat vir seksuele aanranding aan die kaak gestel is, sluit Harvey Weinstein, Kevin Spacey, Billy Cosby en die voormalige Amerikaanse president George H.W. Bush in. 

Dit is nie die eerste keer dat Clinton in omstredenheid gehul is nie.

Tydens sy eerste termyn het Clinton ’n affair met die Withuis-intern Monica Lewinsky gehad, wat nou as die “beroemdste Clinton-seksskandaal van almal” beskryf word. 

Dit het later daartoe gelei dat die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers Clinton in ’n staat van beskuldiging geplaas het.  

“Die Senaat het hom vrygespreek. Clinton het die verhouding erken deur te sê: ‘Ek het inderdaad ’n verhouding met me. Lewinsky gehad wat nie gepas was nie’,” sê CNN

En oor die jare het vroue hom van seksuele aanranding beskuldig, onder andere Juanita Broaddrick. Dié administrateur van ’n verpleeginrigting in Arkansas beweer Clinton het haar in 1978 verkrag toe sy Little Rock vir ’n seminaar besoek het. Die Withuis het die bewerings in 1999 ontken.

Paula Jones het in 1991 beweer Clinton het haar om seks gevra en hom aan haar ontbloot toe sy na sy kamer in ’n hotel in Little Rock vergesel is. 

Volgens CNN het sy in 1994 ’n saak van seksuele teistering teen Clinton gemaak. 

“Clinton het in 1998 tot ’n skikking ingestem en Jones en haar prokureurs $850 000 betaal. En dit was tydens daardie saak dat hy aanvanklik ontken het hy het ’n seksuele verhouding met Monica Lewinsky.”

Die Demokratiese aktivis en Withuis-vrywilliger Kathleen Willey sê Clinton het haar in 1993 in die Ovaal Office se privaat studeerkamer gegryp en gesoen.

Tydens Clinton se presidensiële veldtog in 1992 het Gennifer Flowers gesê sy het ’n seksuele verhouding van 12 jaar met Clinton gehad. “In 1998 het Clinton onder eed ’n seksuele ontmoeting met Flowers erken.” 

Mej. Amerika van 1982, Elizabeth Ward Gracen, het ’n ommeswaai oor haar ses jaar oue ontkenning in 1998 gemaak en gesê sy het in 1982 ’n nag van passie saam met Clinton gehad. 

“Clinton het die beskuldigings ontken,” het CNN bygevoeg.

Bronne: Daily Mail; CNN; news.com.au