Volgens Hykie se plasing op sy Facebook-blad het die ontvoerders glo R1,6 miljoen as losprys gevra. 

“Ek smeek jou om saam met my te bid. ’n Goeie vriend van my se nefie is ontvoer en die ontvoerders eis R1,6 miljoen. Asseblief, asseblief bid dat God se engele en Heilige Gees sal intree en hulle verblind sodat hulle nie hul planne kan uitvoer nie en dat die klein seuntjie veilig kan terugkeer huis toe.” 

By navraag wou Hykie nie nog inligting rakende die beweerde ontvoering of wie die kind en sy ouers is, verskaf nie. 

“Dit is 'n sensitiewe storie. Ons wil nie iets doen wat die kind se lewe in gevaar kan stel nie,” sê Hykie.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, wou nie so 'n geval bevestig of ontken nie. 

“Ontvoerings is altyd sensitief. Ons gee nie inligting uit nie omdat dit sensitief is en die slagoffer in gevaar kan stel.”