Hy het Dinsdag sy meisie, Jani Gouws, die jawoord gevra in ’n sneeubedekde Kanada. 

Deon se eksmeisie se ma, Manda Reyneke, het in 2010 twee mans gehuur om hom te vermoor. Maar die mans het die 21-jarige Deon gekontak en met die sak patats vorendag gekom. 

Manda het destyds volgehou sy wou Deon net só beseer dat hy nie weer kon rugby speel nie. Sy het ’n opgeskorte vonnis ontvang. 

Dit lyk egter asof Deon nou die liefde van sy lewe ontmoet het.

Geluk en voorspoed, Deon en Jani!