Bobby het ’n roerende brief op Instagram geplaas en ook ’n foto waar jy Sion se gesig kan sien. 

“Kan nie glo jy's al ses nie. Baie geluk met jou verjaardag, my seun. Jy's maar net ses vandag, maar jy voel vir my soos my eie klein grootmensie. Ek leer elke dag by jou. My liefde vir jou is oneindig.

"Jy dink jy kan vlieg. Ek dink ook so . . . Jy dink jy's die vinnigste. Ek dink ook so . . . Jy dink ek's die beste pappa in die wêreld.  Ek hoop so. Want vir julle wil ek alles wees." 

Kan nie glo jys al 6 nie ?? Baie geluk met jou verjaarsdag my seun. Jys maar net 6 vandag maar jy voel vir my soos my eie klein groot mensie. Ek leer elke dag by jou. My liefde vir jou is oneindig. Jy dink jy kan vlieg. Ek dink ook so... Jy dink jys die vinnigste. Ek dink ook so... Jy dink eks die beste pappa in die wêreld. Ek hoop so. Want vir julle wil ek alles wees. Hierdie lied het ek net voor jou geboorte vir jou gekryf. Dit sal altyd joune bly. Mag jy alles wees en word wat God oor jou droom. ?? MY BERG SION Voor jy al hier was het jy lankal bestaan. Voor God gespeel en in Sy Hemel gedans. Hy roep n naam oor jou wat jy sal hou. Daar op my kniëe het ek Die Vader gevra om my te help dat ek Hom beter verstaan Toe gee Hy my n seun, eks bly dis jy. En nou is jy hier en n pa se hart is gebore hier in my... Want ek is lief vir jou. Jy is my seun ek dink die wêreld van jou Ek is jou pa en ek is altyd by jou Ek is daar vir jou. Tot die dood sal ek baklei vir jou Dis my gebed vir jou dat jy dit sal wees wat God gedroom het oor jou. Daar is n storie wat geskryf is oor jou solank jy dit weet. Jy is My Rots My Seun My trots , My Berg Sion Net soos ‘n pa so sal die seun dit verstaan Deur die geslagte sal jou naam vooruit gaan.Gesëende van God vrede vir jou Toe ek jou sien het ek myself weer gevind Ek is gebore deur die oë van my kind Ek het my siel se roep in jou gekry Ek bid dat jy altyd sal weet dat ek lief vir jou is en dat God jou hand vashou HY is deel van jou... Want HY is lief vir jou. Jy is SY seun HY dink die wêreld van jou. HY is jou PA en HY is altyd by jou. Tot die dood het HY baklei vir jou... Jys my Rots my Seun My trots MY BERG SION.

A post shared by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Foto’s van Bobby en sy suster, Karlien van Jaarsveld, se kroos is baie skaars. Die sibbes plaas nie foto’s van hul kinders se gesig in die sosiale media nie.

"Hierdie lied het ek net voor jou geboorte vir jou geskryf. Dit sal altyd joune bly. Mag jy alles wees en word wat God oor jou droom," het Bobby verder gesê.

Sy ouma Ronel Brink het ook vroeër ’n boodskap vir haar oudste kleinkind gedeel. 

“Vandag is jy ses jaar oud. Jy is ouma se oudste. Jy is Cara se witbroodjie en haar tjommie.  Jou wyse geselsies laat my soms stom en jy laat my lag uit my maag uit. Ouma het jou oneindig lief.

"Baie geluk, liefste Sion! . . . Ouma bid dat jy in jou roeping sal loop. Dat jy waaragtig jou roeping voluit sal leef en so sal wees wat God oor jou geroep het van die begin van tyd af. Oneindige liefde. Ouma”

Baie geluk, Sion!