Mark Fagan is Saterdag omstreeks middernag geskiet toe hy vier verdagtes in klapmusse genader het wat sy gesinshuis binnegekom het waar hulle ’n verjaarsdagpartytjie gehou het.

Hy is na ’n nabygeleë hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het, het kapt. FC van Wyk Sondag gesê.

Die oorledene se swaer, Rowan Philp, het hom as Mark Fagan geïdentifiseer.

Philp het via e-pos aan News24 gesê Fagan het die lewens van nege meisies en twee vroue – Mark se vrou, Jo, en die ma van ’n verjaarsdagmeisie, teen vyf, nie vier mans gered.

“Hy het soos ’n leeu gebrul en op ’n manier vyf gewapende rowers uit die huis weggejaag van sy familie – ons familie – vir wie hy oor die jare so gelukkig gemaak het.”

Philp het met Jo se toestemming boodskappe gedeel wat sy vir hom gestuur het.

“Hy het ons almal gered. Maar ons is platgeslaan. Die afgelope 10 weke was die gelukkigste van Mark se lewe,” het ’n hartseer Jo gesê.

Verskeie ouers van die gaste het boodskappe op WhatsApp gestuur om Mark te bedank dat hy hul dogters se lewens gered het, het sy gesê.

Hulle het Vrydag ’n pajamapartytjie gehad.

Bende het ‘in bosse gewag’

“Mark het sy eie lewe gegee om die lewens van nege meisies en vroue te red,” het Philps Sondag aan News24 gesê.

“Dis ondenkbaar om te dink wat sou gebeur het as hy nie die vyf gewapende mans uit die huis gejaag het nie – mans wat ’n tiener-pajamapartytjie dopgehou en die huis binnegedring het om hierdie kinders seer te maak.”

Hy het Fagan se daad as heldhaftig beskryf.

Philp sê die polisie in Philadelphia het glo uitgevind die groep Engelssprekende mans het bykans heeldag die huis dopgehou, “en het vroeër drank (Bacardi rum) en die kinders se lekkergoed uit die huis gesteel en dit in die bosse geëet terwyl hulle gewag het”.

Die Dassenberg-buurtwag en omliggende bure het goed en blitsvinnig reageer. Hulle samel geld in vir ’n hommeltuig met nagvisie en wil ook hê die polisie moet die gebied patrolleer, het hy gesê.

Hy het gesê Fagan het ’n unieke mobiele hansdieretuin vir kinderpartytjies op die been gebring en bestuur.

“Hy was ’n sterk en liefdevolle man wat ons familie ongelooflik gelukkig gemaak het. Ons gaan hom verskriklik mis,” het hy gesê.

Van Wyk sê die verdagtes het te voet van die toneel gevlug.

Hy het enigeen met inligting oor die skietvoorval gevra om Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

Bron: News24