Ian se neef, Jakkie Booysen, het die verlowing in Kogelbaai net buite Kaapstad op kamera vasgevang, maar dis die voornemende bruid se suster nie die romantiese gebaar nie  wat toe die kollig in die kuberruim gesteel het.

In die video wat wyd in die sosiale media gedeel is, lyk dit asof die oomblik eenvoudig te groot is vir Megan se kleinsus, Celine (23), en sy struikel drie keer oor ’n klip terwyl sy probeer om die groot gebeurtenis in haar suster se lewe af te neem. 

megan edwards,ian share
Megan en Ian het verlede week op Kogelbaai buite Kaapstad verloof geraak. Foto: Verskaf
Ian het vir hulle 'n piekniek op die strand beplan
Ian het vir hulle 'n piekniek op die strand beplan. Foto: Verskaf

“Celine het nie eens geweet ek gaan vir Megan vra om te trou nie. Sy het net gedink ons gaan lekker by die see kuier.

“Sy was so opgewonde toe sy sien ek vra haar suster om te trou dat sy skoon vergeet het van die klippe,” vertel Ian laggend. 

Gelukkig het Celine darem nie seergekry nie.

“Sy het omgeval, maar nie seer geval nie. Toe ons almal daarna rustig sit en my nefie vir ons die video wys, toe lag ons baie lekker,” sê Ian.

“Dit was baie snaaks,” voeg Megan by. 

Die paartjie het die dag in die bosveld geniet.
Die paartjie het die dag in die Bosveld geniet. Foto: Gian Geyser
Ian sak af op een knie
Ian sak op een knie af. Foto: Gian Geyser

Die paartjie van Pretoria-Noord het na dese duisende boodskappe van die publiek ontvang om hulle geluk te wens en om dankie te sê vir die video wat hulle in donker tye weer lekker laat lag het. 

Hendrik Spangenberg van Sony Select Musiek het ook na die paartjie uitgereik om vir hulle ’n amptelike verlowingsvideo te maak. 

“Ons het dit goed gedink om vir die paartjie iets spesiaals te doen met ’n verlowingsvideo en fotosessie wat hulle altyd kan hou en sal onthou.”

Reën sing die paartjie toe
Reën sing die paartjie toe. Foto: Gian Geyser
Die paartjie geniet 'n glassie vonkelwyn terwyl hu
Die paartjie geniet 'n glasie vonkelwyn terwyl hulle na Reën luister. Foto: Gian Geyser

Die paartjie het die afgelope Sondag eers op ’n safari-rit deur die wildkamp van The Farm Inn in Pretoria gegaan. Daarna het Ian weer op sy een knie afgesak en sy meisie van die afgelope drie en ’n half jaar gevra om te trou. 

Die Boer soek ’n vrou-paartjie Richann Brüssow en René de Klerk of Reën - soos die musiekduo deesdae bekendstaan - het hul treffer, “Vrystaat vlaktes”, vir die verloofdes in die Bosveld gesing terwyl hulle ’n glasie vonkelwyn geniet het. 

megan edwards,ian share
Foto: Gian Geyser
Ian en Megan is smoorverlief
Ian en Megan is smoorverlief. Foto: Gian Geyser

“Almal het dit uit die goedheid van hul hart gedoen,” sê Hendrik. 

Hulle het glad nie verwag om oornag internetroem te verwerf of dat ’n bekende paartjie hulle sal toesing nie. 

Die verloofring
Die verloofring. Foto: Gian Geyser
verloofring
Foto: Gian Geyser

“Reën het ons toegesing en dit was regtig mooi,” sê Ian. Megan sê haar oë het vol trane geskiet. 

Hulle het nooit verwag om oornag bekend te word nie.

“Dit voel onwerklik en dit was ongelooflik om die dag weer te herleef.

“Daar is nie eintlik woorde om te sê hoe dankbaar ons is vir hierdie groot oomblik nie. Ons is so oorweldig dat sulke awesome goed ook met ons kan gebeur,” gesels Megan. 

Die Boer soek ’n vrou-paartjie Richann Brüssow en
Die Boer soek ’n vrou-paartjie Richann Brüssow en René de Klerk. Foto: Gian Geyser

“Om haar as my verloofde te hê maak my baie gelukkig,” laat Ian op sy beurt hoor. 

Die paartjie beplan om op 28 Mei 2022 af te haak. 

  • Video deur Danie Pretorius van Blixem Productions
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe