Sarah en Will is eintlik 'n tweeling, al verskil h
Sarah en Will is eintlik ’n tweeling, al is hulle byna twee jaar uitmekaar gebore. Foto: @sar_sarge/Caters News/magazinefeatures.co.za

Sarah Sargent (18) het as kind geen benul gehad haar ouer broer, Will (20), is haar tweelingbroer nie. Sy het twee jaar gelede uitgevind toe haar ouers hulle daarvan vertel het.

Die broer en suster is op dieselfde dag verwek uit dieselfde bondels embrio’s – maar pleks daarvan om saam ingeplant te word, is Sarah vir nog 18 maande “in die vrieskas gelos”.

Sarah van Hobart in Australië het die ongelooflike storie gedeel op TikTok, waar dit sedertdien meer as nege miljoen kyke gekry het.

Sarah het haar storie op TikTok gedeel. Foto: @sar
Sarah het haar storie op TikTok gedeel. Foto: @sar_sarge/Caters News/magazinefeatures.co.za

“My ouers het hul kinders deur in vitro-bevrugting gehad,” sê die universiteitstudent. “My ma het baie eierselle met elke siklus vervaardig. Die kliniek het probeer om al die eiers te bevrug en het ’n hoë sukseskoers gehad. Die embrio’s is ondersoek en die sterkste twee is eerste gebruik.

“Een van hierdie embrio’s het tot volle termyn ontwikkel, en dis toe my tweelingbroer, Will, gebore is. Die ander embrio’s was gevries sodat dit vir inplanting in die toekoms beskikbaar sou wees.

Sarah en haar 'ouboet', Will. Foto: @sar_sarge/Cat
Sarah en haar 'ouboet', Will. Foto: @sar_sarge/Caters News/magazinefeatures.co.za

“Ek was een van hierdie embrio’s en is ontvries en ingeplant sowat 12 maande nadat Will in Januarie 2001 gebore is.

“Ek is in Oktober 2002 gebore. Ons is ’n tweeling omdat ons in dieselfde baarmoeder gevorm is, maar hulle het my uitgehaal en twee jaar lank in ’n vrieskas as embrio geplaas.

“As ons embrio’s op natuurlike wyse bevrug was, sou ek en my broer op dieselfde tyd as ’n nie-identiese tweeling gebore geword het.”

Sarah en Will, onbewus daarvan dat hulle 'n tweeli
Sarah en Will was onbewus daarvan dat hulle eintlik ’n tweeling is. Foto: @sar_sarge/Caters News/magazinefeatures.co.za

Nie Sarah of Will het ’n benul gehad dat hulle ’n biologiese tweeling is tot twee jaar gelede toe hul ouers die nuus met hulle deel nie.

Die tiener sê sy was geskok en kon nie glo sy en haar ouer broer is eintlik ’n tweeling nie.

@sar_sarge/ CATERS NEWS (PICTURED- Sarah)These stu
Nie Sarah of Will het ’n benul gehad dat hulle ’n biologiese tweeling is tot twee jaar gelede toe hul ouers die nuus met hulle gedeel het nie. Foto: @sar_sarge/Caters News/magazinefeatures.co.za

Sarah en Will, onbewus daarvan dat hulle 'n tweeli
Hul ouers wou wag tot hulle ouer is om hulle te vertel sodat hulle die situasie beter kan verstaan. Foto: @sar_sarge/Caters News/magazinefeatures.co.za

“Ek was nogal verward oor die storie. Toe my pa sê ek was twee jaar lank in die vrieskas kon ek dit nie glo nie. Dit was vir my die waansinnigste deel van die hele storie.

“Hulle het nie vir ons vroeër vertel nie omdat hulle wou wag tot ons oud genoeg is om te verstaan. Ek begryp dit volkome, want dis ’n ingewikkelde ding om te verstaan en ’n mate van volwassenheid het my beslis daarmee gehelp.”

Nadat Sarah die storie in ’n video op TikTok gedeel het, het dit meer as 9 miljoen trefslae gekry.

“Ek het dit eers ’n paar maande gelede behoorlik aanvaar en dit verstom my vandag steeds.

“Eers toe ek die storie op TikTok deel en meer as nege miljoen kyke kry, het ek besef hoe cool dit eintlik is.

Nie Sarah of Will het ’n benul gehad dat hulle bio
Sarah sê die nuus het nie haar en Will se verhouding verander nie; dit het hulle eintlik net meer geheg aan mekaar gemaak. Foto: @sar_sarge/Caters News/magazinefeatures.co.za

“Ek sou nooit kon raai dat dit so gewild op TikTok sou wees nie. Die nuus het nie my en my broer se verhouding verander nie. Ons was nog altyd goeie vriende.

“Dit het ons eintlik nader aan mekaar gebring. Ek dink daar is iets spesiaals daaraan om een helfte van ’n tweeling te wees.”

Bron: @sar_sarge/Caters News Agency/MAGAZINEFEATURES.CO.ZA

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe