In 'n verklaring sê die familie Salvatore was baie
In 'n verklaring sê die familie Salvatore was baie lief vir sy kleindogter. Foto: Facebook/Support for Sam

Die Wiegand-gesin van South Bend in die deelstaat Indiana in Amerika was op 'n familievakansie saam met oumas en oupas toe die ondenkbare tragedie hulle getref het. 

Salvatore “Sam” Anello (52) en sy kleindogter, Chloe Wiegand, het destyds naby 'n oop venster op die 11de vloer van die plesierboot gespeel toe dit in Puerto Rico se hawe vasgemeer was.

Die staat voer aan hy was nalatig toe hy vir Chloe op die reling neergesit en die baba haar balans verloor het.

Chloe het sowat 47 m tot haar dood op die San Juan-kaai geval. 

 

Salvatore het aangevoer hy het aangeneem die venster op die 11de verdieping is toe en was onder die indruk sy leun teen die glas, wat toe nie daar was nie. 

Freedom of the Seas, die plesierboot waarom die Wi
Freedom of the Seas, die plesierboot waarop die Wiegand-gesin en hul ouers was. Foto: Facebook/Puerto Rico Cruise

Hy het gesê hy sou nooit sy kleinkind op die reling gesit het as hy geweet het die venster was oop nie. 

“Sy het by die venster uitgeval wat in die speelgebied vir kinders oop gelos was. Sy wou hê ek moes haar optel sodat sy aan die venster kon slaan soos sy altyd by haar ouer broer (11) se yshokkiewedstryde gedoen het.

"Haar oupa het gedink daar is glas, net soos by die ander vensters, maar daar was nie en sy was in 'n oogwink weg,” het Michael Winkleman, die familie se regverteenwoordiger, in 'n verklaring gesê.

Maande ná die voorval is Salvatore van nalatigheid aangekla. Hy het eers onskuldig gepleit.

Salvatore en sy kleindogter, Chloe. Foto: Facebook
Salvatore en sy kleindogter, Chloe. Foto: Facebook/Support for Sam

Maar Michael verduidelik dat Salvatore nou sy pleit na ‘skuldig’ verander het as deel van 'n pleitooreenkoms met die staat. 

“Die besluit was 'n ongelooflik moeilike een om te maak vir Sam en sy familie, maar omdat die pleitooreenkoms nie tronkstraf insluit nie, het hy besluit dit sal die beste opsie wees.

"Nou kan hulle hierdie aaklige hoofstuk finaal sluit en oor hul verlies rou.”

Salvatore Anello in die hof. Hy het skuldig geplei
Salvatore Anello in die hof. Hy het skuld beken op 'n klag van nalatigheid nadat sy kleindogter, Chloe Wiegand, by die venster van 'n plesierboot uitgeval het. Foto: Facebook/Support for Sam

Die regsbank het Sam se skulderkenning aanvaar en vonnisverrigtinge vind op 10 Desember plaas.

Hy sal nie tronkstraf opgelê word nie, maar waarskynlik gemeenskapsdiens moet doen.  

Bronne:  CNN; FOX News

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe