Dit het alles in ’n oogwink gebeur.

Op Saterdagoggend het Monique Hertz (24) van Polokwane in Limpopo nog die een oomblik buite haar skoonouers se huis in haar en haar man se bakkie gesit terwyl haar man, Nick (37), buite by die hek met haar skoonpa staan en gesels, die volgende oomblik het haar man met hul bloeiende seuntjie by haar ruit in sy arms gestaan.

Die beseerde klein Tyler Hertz. Foto: Verskaf
Die beseerde klein Tyler Hertz. Foto: Verskaf
Die beseerde klein Tyler Hertz. Foto: Verskaf
Die beseerde klein Tyler Hertz. Foto: Verskaf

“Ek was so geskok ek kon op daardie tydstip glad nie verstaan wat aangaan nie. Dit het alles net so vinnig gebeur. Hy het geskree ek moet Tyler dadelik by die hospitaal kry. ’n Klip het hom getref,” vertel Monique verslae toe Huisgenoot Maandagoggend met haar praat.

Die egpaar beweer ’n munisipale werker van die Polokwane-munisipaliteit het op ’n trekker oorkant die pad gras gesny toe ’n klip haar kind uit die bloute teen die voorkop tref.

Die stuk sementsteen wat Tyler Hertz getref het. F
Die stuk sementsteen wat Tyler Hertz getref het. Foto: Verskaf

Tyler het swelling op die brein opgedoen en sy sinuskanaal is beskadig. Sy regteroog was Maandag steeds nog te geswel om te kon vasstel of daar enige skade is en hy het nog baie pyn verduur.

Die beseerde klein Tyler Hertz. Foto: Verskaf
Die beseerde klein Tyler Hertz. Foto: Verskaf

Monique vertel dit was net ’n doodgewone oggend.

“Ek en my man is die oggend na my skoonouers se huis in Suidstraat in die Capricorn-distrik. My man moes gou iets by sy pa-hulle optel. Dit was omtrent 10:40, en ek en my dogtertjie het in die bakkie sit en wag.”

Sy vertel Nick en sy pa, Pieter (70), het staan en gesels. Tyler (2 jaar en 5 maande) was in Nick se arms. Sy het nog na hulle gekyk, maar toe verstik Tyler se eenjarige sussie aan iets in haar karstoeltjie.

Klein Tyler Hertz by sy ouers, Nick en Monique voo
Klein Tyler Hertz by sy ouers, Nick en Monique voor die ongeluk. Foto: Verskaf
Klein Tyler Hertz voor die ongeluk. Foto: Verskaf
Klein Tyler Hertz voor die ongeluk. Foto: Verskaf

“Ek het nog gekyk of sy orraait is, toe my man by die ruit met Tyler in sy arms staan. Tyler se hele gesig was vol bloed. Dit was net bloed waar jy kyk. Hy was doodstil, hy het nie eens gehuil nie. Ek dink hy was in skok.”

Dit is toe dat Nick skree dat sy en sy ma, Celia (68), hom dadelik by die hospitaal moet kry.

Monique vertel sy en haar skoonma is dadelik na die naaste plaaslike Redimed-kliniek.

Die rit soontoe was die ergste van haar lewe en sy wens dit vir geen ouer nie.

“Ek het die hele tyd gehuil. Tyler was steeds doodstil. Hy wou heeltyd uitpass. Al wat ek heelpad gedoen het was om Tyler te probeer wakker hou.”

Haar man het agtergebly om eers die drywer en sy bestuurder se besonderhede te kry. Dit was toe dat hy die grassnyer ook ondersoek.

Dié grassnyer, wat die werker agter die trekker aangesleep het, voer hulle aan het geen beskermende bedekkings gehad nie wat sou keer vir klippe wat skiet, en die toerusting was met drade aanmekaar gehou. Daar was ook glo geen aanwysings of waarskuwings dat die munisipaliteit besig is om te werk nie.

Die betrokke munisipale toerusting wat die Hertz-o
Die betrokke munisipale toerusting wat die Hertz-ouerpaar glo nie op standaard is nie. Foto: Verskaf
Die betrokke munisipale toerusting wat die Hertz-o
Die betrokke munisipale toerusting wat die Hertz-ouerpaar glo nie op standaard is nie. Foto: Verskaf
Die betrokke munisipale toerusting wat die Hertz-o
Die betrokke munisipale toerusting wat die Hertz-ouerpaar glo nie op standaard is nie. Foto: Verskaf

Hy het die voorval dieselfde dag aangemeld.

Met Monique en Celia se aankoms by Redimed het ’n dokter Tyler ondersoek en vir hom onder meer ’n verdowingsmiddel gegee. Hy het hulle na die plaaslike provinsiale hospitaal verwys waar hy nog behandeling ontvang het.

Hier het Nick by sy gesin aangesluit. Monique het toe gehoor Nick is eerste teen die regterskouer getref waar hy met sy rug na die trekker oorkant die pad gestaan het. Hy is nie ernstig beseer nie, maar die stuk sementklip het daarna vir Tyler in die gesig getref.

“Tyler het vier steke aan sy voorkop gekry. Ons het gewag sodat hy X-strale kon kry. Die radioloog het geëis dat Tyler ’n CT-skandering moet ondergaan. Dit het die swelling op sy brein gewys.”

Hulle is laatmiddag huis toe. Sy weet nie hoekom hulle hom nie oornag vir waarneming gehou het nie, maar hulle het hom van daar fyn gemonitor.

Hy het teen Maandag nog baie pyn gehad toe Huisgenoot met Monique praat en sy het nog gesukkel om die gebeure te verwerk.

“Ek is baie ongelukkig. Ek blameer myself. Ek sê vir myself hoekom het ek Tyler nie by my in die bakkie gehou nie. Ek is baie hartseer, maar my man sê vir my ek kon nie geweet het wat gaan gebeur nie.”

Sy het aangedui sy en Nick gaan eers met die munisipaliteit ontmoet voor hulle verdere regstappe gaan oorweeg.

Thipa Selala, ’n munisipale woordvoerder, het by navraag die voorval bevestig en ook dat die Hertz-egpaar met die munisipale bestuur ontmoet het.

“Die voorvalverslag sal na die relevante departement vir verdere ondersoek verwys word om die plan van aksie te bepaal. Die munisipaliteit beoefen altyd versigtigheid gedurende sulke prosedures om te verseker daar is geen beserings of skade aan eiendom nie."

"Wat hier gebeur het, is baie hartseer en betreurenswaardig om met enigiemand of hul kind te gebeur. Die munisipaliteit sal saam met die gesin in hierdie tyd van pyn werk,” het Thipa Selela benadruk.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.