Sy het twee gaatjies in haar hart gehad en ’n hartklep wat bloed gelek het.  

Erika sê hulle is vol moed dat Nienke sal vasbyt.
Erika sê hulle is vol moed dat Nienke sal vasbyt. Foto: Verskaf

Maar meer as ’n jaar later en ’n operasie waar dokters haar twee hartkleppe geheg het, kan Erika Louw (34) en haar kêrel, Jandré van Staden, uitsien na wonderlike herinnerings saam met hul kleinding.

“Ons sou nooit kon dink dat ons haar eendag sou sien gr. 1 toe gaan nie of selfs na ’n matriekafskeid,” sê Erika.

“Maar nadat sy haar operasie in Desember verlede jaar ondergaan het, is sy nou ’n doodnormale meisietjie.”

Nienke tydens een van haar vele hospitaalbesoeke.
Nienke tydens een van haar vele hospitaalbesoeke in haar kort lewe. Foto: Verskaf

Nienke het net voor haar eerste verjaardag ’n operasie by ’n plaaslike staatshospitaal ondergaan, maar dokters kon nie haar hartjie herstel nie.

Sy is op Erika se mediese fonds. Weens komplikasies kon hulle eers ’n jaar later ’n eis indien om die operasie te dek.   

In Desember verlede jaar het die tyd eindelik aangebreek waarop die Louws gewag het. Die operasie is in die Sunninghill Netcare-hospitaal in Sandton gedoen. “Dit was vir ons wonderlike nuus. Ons was senuagtig oor die operasie, maar sowat ’n maand later was Nienke tuis en het sy sommer vinnig weer begin lag en was sy haar lieflike self.”

Nienke en haar pa, Jandré van Staden. Foto: Verska
Nienke en haar pa, Jandré van Staden. Foto: Verskaf

Sy was al dieselfde maand weer terug by die huis.

Sedertdien het Nienke goeie eetgewoontes aangeleer en sy weeg al 10 kg.

“Sy kruip ook die hele huis vol en met 'n bietjie steun, leer sy nou om te loop.”        

Erika-hulle is veral opgewonde om haar na haar eerste speelgroepie te neem.

“Ons kyk nou na verskillende speelgroepies waar sy maatjies kan maak en pure meisietjie kan wees.

”Sy is ’n spekvet en gesonde baba.”