In ’n foto wat Johan op 6 November verlede jaar op Facebook geplaas het, vleg Magde du Toit, ’n plaaslike eiendomsagent, liefies haar arm onder syne in. 

Johan Schwartz saam met sy nuwe liefde, Magde du T
Johan Schwartz saam met sy nuwe liefde, Magde du Toit. Foto: Facebook

Johan, wat nog nooit Sandra se familie of die media te woord gestaan het of enige lig kon werp op die moord op sy gesin nie, het intussen sy eie onderneming begin en woon vandag glo in die moordhuis saam met Magde.

Magde du Toit, die nuwe vrou in Johan Schwartz se
Magde du Toit, die nuwe vrou in Johan Schwartz se lewe. Foto: Facebook

Huisgenoot het Donderdag telefonies met Johan gepraat, maar hy het geweier dat Huisgenoot die inhoud van die gesprek publiseer.

“As jy iets wil publiseer oor wat Johan Schwartz sê, quote dan my woorde mooi: 1 Korintiërs 13 vers 9. En dit sê: ‘Ons ken ten dele.’ Gaan lees dit! ‘Ons ken ten dele’, want hoeveel mense daar buite, die familie ingesluit, ken net ’n gedeelte van die verhaal van presies wat gebeur het, en hulle het boekdele te skryf oor wat hulle dink wat gebeur het.”

Hy wou nie die verhouding met Magde erken of ontken nie. Hy het wel die bewering dat hulle verloof is as "st**nt" afgemaak.

Hy het benadruk sy persoonlike lewe het niks met enigiemand te doen nie en telkens beveel dat Huisgenoot se joernalis hom nie in die rede moet val wanneer hy praat nie.

"Ek sal al jou vrae reguit beantwoord die dag dat ek die polisieverslag in my hande het."

'n Onopgeloste grumoord

Johan sê hy was die dag by die werk by ’n plaaslike gastehuis toe sy vrou, Sandra, sy twee stiefdogters, Shereé (19) en Lee-Ann (16) en hul boetie Simeon (10), wat sy biologiese kind was, saam op 10 Julie 2019 in Sallies Village, Brakpan, vermoor en die toneel aan die brand gesteek is. 

Vermoor: Shereé (links) en haar sussie Lee-Ann en
Vermoor: Shereé (links) en haar sussie Lee-Ann en kleinboet Simeon. Foto: Verskaf

Dit kom voor asof die moordenaar die indruk wou skep dat Sandra eers haar kinders en toe haarself doodgemaak het.

'n Vuurwapen wat langs Sandra se lyk gevind is, het aan Johan behoort.

Foto's wat Huisgenoot vroeër publiseer het, is die stille getuienis van die moorde wat in die huis afgespeel het.

Een van die foto's op die moordtoneel. Foto: Versk
Een van die foto's op die moordtoneel. Foto: Verskaf/Huisgenoot
Een van die foto's op die moordtoneel. Foto: Versk
Een van die foto's op die moordtoneel. Foto: Verskaf/Huisgenoot

Huisgenoot het vroeër berig Sandra se familie het tot vandag geen antwoorde ontvang nie. Die saak het blykbaar reeds verskeie ondersoekbeamptes gehad, en die familie het September verlede jaar beweer die dossier is soek. Die polisie het egter aangevoer die dossier is nie weg nie.

Ná weke se gesloer om wel antwoorde oor die stand van die ondersoek te verskaf, het die polisie eindelik bevestig die dossier is opgespoor en die saak is in ’n “gevorderde stadium”. Nou, byna vyf maande later, hou die polisie steeds vol dit is die geval.

“Sodra die dossier gefinaliseer is, sal dit na die nasionale vervolgingsgesag verwys word vir leiding rakende vervolging,” sê brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder. Sy sê die polisie kan steeds geen kommentaar lewer oor aspekte van die ondersoek nie.

“Die ondersoek word deur ons provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad hanteer, wat ernstige en gewelddadige misdade ondersoek.”

Steeds geen antwoorde

Linda Hamer, Sandra se suster, wat al verskeie kere haar misnoeë oor die polisie se gebrek aan inligting gedeel het, is vandag al so desperaat vir antwoorde dat sy nie eens meer kans sien om daaroor te praat nie. 

Sandra Schwartz. Foto: Verskaf
Sandra Schwartz. Foto: Verskaf

“Ek voel so deurmekaar en my gemoed is erg af," het sy per WhatsApp laat weet. "Dit voel asof 'n mens net teen dooie mure vasbaklei. Ek voel net magteloos.”

"Dit voel asof mens net teen dooie mure vas baklei. Ek voel net magteloos.”

Volgens ’n sakeadvertensie het Johan 'n nuwe onderneming. Hy doen huisopknappings, loodgieterswerk, elektriese werk, ingeboude kaste, tuinontwerp asook staalwerk om huisveiligheid op te knap. Magde se foonnommer word ook op dié advertensie as kontakpersoon gelys; Johan het egter die foon geantwoord toe Huisgenoot bel.

Magde du Toit, die nuwe vrou in Johan Schwartz se
Magde du Toit, die nuwe vrou in Johan Schwartz se lewe. Foto: Facebook

Volgens foto’s maak Johan ook byle volgens kliënte se spesifikasies.

’n Bron, wat die geskeide Magde ken, vertel hy vermoed hoewel Johan op Facebook meld hulle is sedert verlede jaar ’n paartjie, hulle mekaar waarskynlik al veel langer ken deur ’n familielid, wat glo ’n buurman van Johan is.

Johan se sosiale media verklap egter niks verder nie en die geslote blad wys nie verdere foto's van die vrou en die kinders, wat wreed weggeruk is nie.

Heel bo aan sy Facebook het Johan dié Bybelvers uit Jeremia: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!”