Ons kry nie baie van Bryan Habana se seuntjie te sien nie, maar wanneer dit wel gebeur, is dit die wag werd.

Bryan het ’n foto van hom en klein Timothy (3) op Instagram gedeel waar hulle albei Minion-uitrustings dra op pad na sy dagsorg. 

Bryan en sy vrou, Janine, woon sedert 2013 in Frankryk waar Bryan vir die klub Toulon speel. 

Janine het vroeër vanjaar aan Sarie vertel dat die lewe saam met Bryan een groot “kaleidoskoop” is.

“Dis die een woord wat ons lewe saam die beste beskryf: ’n voortdurende veranderende stel kleure of ander dinge; om te beweeg in verskuiwende patrone; twee spieëls wat patrone van mekaar af reflekteer vir ’n oneindige kombinasie patrone.”

Sy het ook gesê sy het ’n dubbele rol ontvang toe hulle daar gaan woon. Sy besit steeds haar gesondheidsentrum Femme Fitness in Panorama en moet ook ’n huisvrou wees.

Bryan se kontrak by die Franse klub strek tot einde 2018.

Dit lyk glad nie of dit vir hom ’n probleem is nie, aangesien hy en sy klein seuntjie hope pret saam het.

Batman(aka Die Swart Kat) thoroughly enjoying is new Bat-cave...

A post shared by Bryan Habana (@bryanhabana_) on

Hy is selfs by Timothy se dagsorg met ’n Afrikaanse Kerskaartjie gegroet.

#MatchingMondays with my lil champ... #WhoWoreItBetter?

A post shared by Bryan Habana (@bryanhabana_) on

Let's bury pappa they said... It'll be fun they said..

A post shared by Bryan Habana (@bryanhabana_) on

Ready to go and do some underwater exploring this summer!! Now just to teach mini me how to swim ??????????

A post shared by Bryan Habana (@bryanhabana_) on

Finishing off Mother's Day getting #PieFace'd ????

A post shared by Bryan Habana (@bryanhabana_) on

Bykomende bron: punditarena.com