Daar is niks van die gesin se besittings oor nie.
Al die gesin se besittings is in puin gelê. Foto: Verskaf

Milissa Geldenhuys (26) kon genadiglik haar twee dogtertjies, klein Zaylee (3) en Zané (18 maande), red en van die vlamme vlug. 

“Sy het erge brandwonde aan haar rug opgedoen soos sy die dogtertjies teen haar bors vasgedruk het en hulle teen die vlamme beskerm het,” het Jenny Coetsee, Milissa se werkgewer, Maandag aan Huisgenoot vertel. Die kinders is genadiglik ongedeerd.

Milissa en haar jongste, Zane (18 maande). Albei h
Milissa en haar jongste, Zane (18 maande). Albei haar dogtertjies is ongedeerd. Foto: Verskaf

Sy vertel Milissa word in die Kalafong-hospitaal in Atteridgeville vir ernstige brandwonde behandel en hulle kon nog nie self met haar praat nie.

Die ma het glo haar dogtertjies beskerm teen die v
Die ma het glo haar dogtertjies beskerm teen die vlamme. Foto: Verskaf

“ ’n Buurman het Sondag in die oggendure gehoor hoe ’n vrou gil. Dit was toe Milissa. Sy het gesukkel om ’n veiligheidshek oop te kry en met die kinders te vlug. Hy kon haar toe help om die hek oopgesluit te kry.”

Die ma het glo haar dogtertjies beskerm teen die v
Milissa kon haar dogtertjies uit die vlamme red, maar syself het brandwonde aan haar rug opgedoen. Foto: Verskaf

Volgens Jenny is dit nog onduidelik hoe die brand ontstaan het, maar hulle vermoed ’n kers kon dit veroorsaak het, omdat daar Saterdagnag beurtkrag was. 

Die ma het glo haar dogtertjies beskerm teen die v
’n Buurman het Milissa glo Sondag in die oggendure hoor gil terwyl sy sukkel om ’n veiligheidshek oop te kry. Foto: Verskaf

Jenny sê die gesin het alles in die brand verloor. In foto’s wat aan Huisgenoot verskaf is, kan ’n mens sien al die ma en dogtertjies se aardse besittings is vernietig.

“Hulle het nie ’n teelepel oor nie en hulle het nie versekering nie,” sê sy. 

Daar is niks van die gesin se besittings oor nie.
Dis nog onduidelik hoe die brand ontstaan het, maar hulle vermoed ’n kers kon dit veroorsaak het, aangesien daar Saterdagnag beurtkrag was. Foto: Verskaf

Jenny vertel Milissa het vier jaar gelede as ’n ontvangsdame by die haarsalon Ultimate Hair in Centurion begin werk en haarself geleidelik op gewerk. Vandag is sy een van die stilliste by die salon. Jenny en haar kollegas probeer nou geld, klere, doeke en meubels vir die gesin bymekaar maak. 

“Ons vra mense om dit hier te kom aflaai, en ons het ’n bankrekening oopgemaak vir wanneer sy weer op die been is,” sê sy. 

Daar is niks van die gesin se besittings oor nie.
Daar is niks van die gesin se besittings oor nie. Foto: Verskaf

Haar dogters is Maandag na Milissa se suster, Nandilene Martin (38), in Rayton geneem. Hulle sal daar woon tot Milissa weer op die been is. 

“Milissa het mediese versekering uitgeneem, so ons probeer haar nou oorplaas na ’n privaat hospitaal toe. Sy het verskriklike pyn weens die wonde. Maar die hospitale wil eers hê ons moet geld neersit wat ons dan kan terug eis van die mediese versekering,” sê Nandilene. 

Nandilene is ’n enkelma nadat haar man in Desember aan ’n hartaanval oorlede is. 

Milissa en haar oudste dogtertjie, Zaylee (3). Alb
Milissa en haar oudste dogtertjie, Zaylee (3). Albei haar dogtertjies is ongedeerd. Foto: Verskaf

“Ons is so dankbaar, binne ’n dag is daar reeds iemand wat R10 000 gegee het vir die kinders, so ek gaan Dinsdag vir hulle die nodige dingetjies koop. Ons moet nou net bepaal hoeveel ons nodig het om Milissa te skuif, en die geld bymekaar maak,” sê sy. 

Sy sê Milissa het ’n baie moeilike lewe gehad.

“Sy is deur baie moeilike tye, maar Milissa lag altyd en sy lewe vir haar kinders. Sy is die enigste broodwinner, sy werk lang ure, maar sy maak seker haar kinders is goed versorgd en geliefd. Sy is ’n hero. Sy het al daai vlamme teen haar rug gevat om haar kinders veilig te hou, en hulle is fisiek fine.”

“Milissa het dit baie moeiliker gehad as die deursneemens, maar sy werk so hard en sy het bo haar omstandighede uitgestyg. Ons hoop en bid sy herstel vinnig,” sê Jenny.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe