Centurion-man oor pa (87) se moord: ‘Ons is gebroke’

akkreditasie
Die Steenkamp-gesin: Van links is Bessie, Trudie, Casper jr., Wilna en Casper. Foto: Verskaf
Die Steenkamp-gesin: Van links is Bessie, Trudie, Casper jr., Wilna en Casper. Foto: Verskaf

Die gemeenskap van Villiersdorp rou oor die skokdood van Casper Steenkamp, ’n afgetrede doktor in die opvoedkunde.

Casper is Saterdagmiddag 21 Maart deur ’n groep inbrekers oorval toe hy ondersoek ingestel het na vreemde geluide wat van binne sy buurman se huis, wat nie ten tyde van die voorval tuis was nie, gekom het.

“Ons probeer nou sin maak van die hele ding. Dis asof dit nie behoorlik insink nie. Asof mens nie wil glo dis die waarheid nie,” vertel Casper se seun, ook Casper (55), Dinsdag aan Huisgenoot.

Casper sê sy pa en ma, Bessie, het hulle erf jare gelede onderverdeel en toe ’n kleiner woonplek in die agtererf aangebou. Die huis op die voorerf is verkoop aan ’n Kaapse sakeman, maar Casper het gereeld na die tuin en swembad omgesien.

“My ma was in die huis. Sy het demensie en is met tye baie deurmekaar. Maar ons vermoed in hierdie stadium my pa het gaan kyk wat geraas by die buurman se huis veroorsaak en toe die inbrekers betrap,” sê Casper. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees