Die ma van China, wie se naam nie bekend is nie, het op die oggend van 12 Maart, kort ná sy buikpyne begin kry het, saam met haar ma in die taxi geklim om na die hospitaal te gaan.

Zhao Xiaohong, die taxibestuurder, het met die ma en dogter deur rooi verkeersligte gejaag in die rigting van die Xi’an Fourth-hospitaal in die noordwestelike provinsie Shaanxi in China.

Opsporingsbeeldmateriaal van die taxi toon die swanger passasier op die agtersitplek, kreunend van pyn, terwyl haar ma haar probeer troos.

Dit lyk asof die taxi met ’n vel plastiek toegerus is om die bestuurder teen COVID-19-infeksie te beskerm. 

baba in taxi gebore
Foto: AsiaWire / Xi'an Taxi/Magazinefeatures.co.za

Zhao, die taxibestuurder, het die hospitaal op sy selfoon gebel en gevra dat hulle moet gereedmaak vir hul koms, aangesien die swanger vrou se water reeds gebreek het en die baba se koppie sigbaar was.

Die gesonde babaseuntjie is toe op die agtersitplek gebore voor hulle die hospitaal kon bereik.  

baba in taxi gebore
Die ma, wie se naam nie genoem word nie, het op 12 Maart, kort nadat sy buikpyne begin kry het, saam met haar ma in die taxi geklim. Foto: AsiaWire / Xi'an Taxi/Magazinefeatures.co.za

Terwyl die verpleegsters die pasgeborene uit die taxi tel, kan jy op die video hoor hoe hy huil. Zhao het die nuwe ma tot in die hospitaal vergesel en nie gery voor sy nie veilig in ’n kraamsaal was nie.

Luidens berigte is die ma en baba albei gesond. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.