Dr. Shelun Tsai en haar verloofde, dr. Michael Sun, is albei dokters by die die Duke Birthing Centre in Amerika, en sou op 11 April afgehaak het. Sy is ’n verloskundige en ginekoloog, en hy spesialiseer in psigiatrie. 

Die vinnige toename in COVID-19-gevalle in hul land het die paartjie van New York egter verplig om hul groot dag uit te stel, berig die NYPost.

Die twee, wat in 2016 verloof geraak het, veg in die voorste linies tydens die krisis, en in ’n poging om te gedenk wat hul spesiale dag sou wees, het hul kollegas ’n intieme plegtigheid gereël.

Die twee was in mediese uniforms geklee en het maskers gedra toe hulle hul beloftes aflê. Die bruid se ruiker was van sneespapier en haar strooimeisies was ook in mediese uniforms uitgevat.

Ongelukkig kon die bruidegom nie tydens die plegtigheid persoonlik teenwoordig wees nie, maar hy het “ja” gesê deur middel van ’n video-oproep op Zoom. Hul geliefdes het ook virtueel ingeskakel om hul troue te aanskou, berig Metro.

Al is die twee nie amptelik getroud nie, het die spesiale geleentheid ’n bietjie vreugde in ’n angsvolle tyd help verskaf.

“Dit was absoluut wonderlik,” sê Shelun. Die Duke Birthing Centre het op hul amptelike Twitter-blad foto’s van die twee se hartroerende oomblik gedeel.

Bronne: NYPost, Metro, Twitter