Meer as 215 lande het reeds infeksies aangemeld.

Twee dae gelede was Suid-Afrika 11de op die wêreldranglys en ’n kortkop agter Italië, die land wat etlike maande gelede nog beskou was as die episentrum van die coronaviruspandemie. 

Maar minder as 48 uur later het Suid-Afrika se infeksiesyfer dié land (243 061), asook Pakistan (251 625) en Iran (257 303) verbygesteek. 

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bekend gemaak dat Suid-Afrika tans 272 242 bevestigde gevalle het.

Meer as 45 821 toetse is die afgelope 24 uur-toetssiklus gedoen met 12 058 nuwe gevalle wat aangemeld is. 

4079 mense het reeds aan die virus omgekom. 

Meer as 13 miljoen mense het reeds die coronavirus opgedoen sedert dit in Desember verlede jaar in China uitgebreek het. 

Vogens die Johns Hopkins-Universitieit in die VSA staan Suid-Afrika nou kortkop agter die Verenigde Koninkryk (289,603), Mexiko (299,750) en Spanje (300,988).

Amerika is steeds die voorloper met 3, 413, 995 infeksies. 

Covid-19: Die top 15 lande met die meeste infeksie
Covid-19: Die top 15 lande met die meeste infeksies