Sy was een van die ere­gaste, al was sy nie self daar nie.

Toe fliekliefhebbers onlangs by die kyk­NET Silwerskermfees in Kaapstad saamdrom, was dit asof die herinnerings aan Dalene Matthee soos ’n briesie deur die bos kom waai. 

Want al is die skrywer van ikoniese boeke soos Kringe in ’n Bos en Fiela Se Kind 14 jaar gelede op Mosselbaai oorlede, kon haar nalatenskap in drie rolprente op die fliekfees voortleef.

Maar selfs al hét haar ma nog gelewe, vertel Dalene se oudste dogter, sou die skrywer heel moontlik nie die geleentheid bygewoon het nie. 

“My ma het nie gehou van erkenning nie. Dit het haar ongemaklik laat voel. Sy was nie lief vir blootstelling nie,” verduidelik Amanda Matthee (60). 

Toe fliekliefhebbers onlangs by die kyk­NET Silwerskermfees in Kaapstad saamdrom, was dit asof die herinnerings aan Dalene Matthee soos ’n briesie deur die bos kom waai.

’n Nuwe silwerdoekweergawe van Dalene se trefferroman Fiela Se Kind is op die fees vertoon, asook die eerste fliekverwerking van haar roman Toorbos. 



Boonop is ’n dokumentêre fliek oor haar lewe, bloot getitel Dalene, gewys. 

Die vervaardiger van Toorbos en regisseur van die dokkie is Danie Bester, ook die vervaardiger van Huisgenoot en kyk­NET se tweede fliek, Vergeet My Nie, wat van Februarie volgende te sien is.

Amanda kon nie die vertoning hiervan bywoon nie, maar haar twee susters – Dalene se ander dogters, Toni (58) en Hilary (55) Matthee – was in die gehoor toe hul ma vereer word. 

“Ek is nie iemand wat huil nie, maar ek kon my trane nie keer nie,” sê Toni toe ons die jongste twee dogters kort ná die vertoning van die dokkie ontmoet.

“Dit doen my ma justice,” beaam Hilary.

dalene matthee,skrywer
Die skrywer Dalene Matthee. Foto: Verskaf

Toe Dalene in 2005 op 66 aan hartversaking dood is, was dit vir haar dogters asof ’n mat onder hul voete uitgeruk is. Hul pa, Larius, is vyf jaar tevore aan kanker oorlede. 

“Sy was ’n alomteenwoordige figuur in ons lewe, al was ons ver van haar af,” verduidelik Hilary, ’n voormalige reisagent wat deesdae haar ma se literêre nalatenskap bestuur. 

Daarom was die kyk van die dokkie vir hulle ’n emosionele ervaring, veral toe die akteur Paul Eilers – ’n destydse vriend van Dalene wat ook vanjaar oorlede is – op die skerm die gedig voorlees wat hy ook op Dalene se roudiens gelees het. 

En ek sal weggaan. En die voëls sal agterbly singende; en elke middag sal die hemel blou wees en vreedsaam, begin Uys Krige se Afrikaanse vertaling van die gedig deur Juan Ramón Jimenez. 

Boonop het sy dinge oor haar ma geleer wat sy nooit geweet het nie, vertel Toni – soos dat die skrywer op skool op Riversdal ’n regte poetsbakker was. 

Toe Dalene in 2005 op 66 aan hartversaking dood is, was dit vir haar dogters asof ’n mat onder hul voete uitgeruk is. Hul pa, Larius, is vyf jaar tevore aan kanker oorlede.

In die dokkie vertel van Dalene se destydse skoolmaats hoe sy hul Afrikaanse onderwyser se oordrewe voorlesings nagemaak het.

Wat die twee nuwe rolprente gegrond op hul ma se boeke bewys, is hoe tydloos haar verhale is, sê Hilary. 

“Dis nog relevant; mense kan met die karakters vereenselwig – hulle is aards en eerlik.” 

Die Matthee-susters se pa was ’n bankbestuurder en die gesin het baie rondgetrek: Oudtshoorn, Darling, Graaff-Reinet, Uniondale. 

Toe hulle klein was, vertel Hilary, het Dalene, destyds ’n bankklerk, soms vir haar dogters stories voorgelees wat sy vir die SAUK se kinderradio­program Siembamba sou stuur.

“As ons met die komberspunte begin vroetel, het sy geweet dit werk nie en sy moet oorskryf,” onthou Hilary.

dalene matthee,amanda matthee,toni matthee
Dalene se oudste dogter, Amanda en Toni. Foto: Jacques Stander

Dalene se eerste boek, die kinderboek Die Twaalfuurstokkie, is in 1970 gepubliseer. 

’n Kortverhaalbundel het gevolg voor die verskyning van Kringe in ’n Bos in 1984. 

Hilary was nog op skool toe haar ma dié boek oor die Knysnawoud op Hartenbos geskryf het. 

By die huis was die enigmatiese skrywer net hul ma, vertel sy.

“Ons was baie privaat; niemand sal ons ma ken soos ons haar geken het nie.”

Maar dat Dalene haar dogters se verbeelding net so goed soos haar leesgehoor s’n kon aangryp, is duidelik.

“Ek is nie iemand wat huil nie, maar ek kon my trane nie keer nie,” sê Toni toe ons die jongste twee dogters kort ná die vertoning van die dokkie ontmoet. “Dit doen my ma justice,” beaam Hilary.

“My ma het eenkeer gesê sy het vir Buckinghampaleis geskryf en gaan my soontoe stuur om Queen’s English te leer praat,” vertel Hilary. 

“Ek was baie opgewonde en het gesê: ‘Yes, then I can become the Kingeling!’ ” Van toe af is dít wat hulle koningin Elizabeth noem. 

Suid-Afrika was nog onder Britse bewind toe Dalene grootgeword het en Dalene het “van die royal goed gehou”, vertel Toni. 

“Sy het die Your Majesty-tydskrif gekry.” ’n Ander tydskrif waarop haar ma ingeteken het, was The Prediction Magazine. 

“Dit het my gefassineer omdat dit oor onder meer paranormal goed gegaan het,” sê Toni, ’n voormalige verhoogbestuurder en deesdae onderwyseres in Oos-Londen. 

hilary matthee,toni matthee,amanda matthee
Van links is Hilary, Toni en Amanda op Bredasdorp. Foto: Verskaf

“Sy’t graag spookstories vertel. Sy’t vertel hoe sy eenkeer in die bos was vir ’n onderhoud en hoe ’n varing geroer het al was daar nie ’n wind nie. Daar was iéts...’n feetjie dalk.”

In die dokkie vertel Katinka Heyns, die regisseur van die eerste Fiela Se Kind-fliek, wat in 1998 uitgereik is, hoe sy kort nadat die roman verskyn het, gaan vra het of sy dit mag verfilm. 

Dalene se antwoord was: “Die bos sal sê...” Saam is hulle die Knysnawoud in, waar hulle ’n goeie twee of drie uur in stilte rondgestap het. 

Eers die volgende oggend, nadat sy in haar “feetjietuin” – ’n binnehof vol varings – sit en luister het, het Dalene vir Katinka die groenlig gegee. 

As deel van die ooreenkoms oor die fliek moes Katinka vir Hilary ’n teddiebeer vir dié se versameling koop. 

“Sy’t graag spookstories vertel. Sy’t vertel hoe sy eenkeer in die bos was vir ’n onderhoud en hoe ’n varing geroer het al was daar nie ’n wind nie. Daar was iéts...’n feetjie dalk.”

Hilary het op 16 begin teddiebere versamel en het nou al 76, vertel sy. 

“Ek het twee saamgebring – Pikkie en Molly. Hulle was nie by die fees nie; hulle het in die hotel gebly. Daai twee kon ek nie alleen by die huis los nie. Ek weet nie wat hulle daar sou aanvang nie.” Sy lag. 

“My ma het eenkeer gekla dat die een teddiebeer so vloek en gesê ek moet die Kinderbybel langs hom staanmaak!”

Daar is baie gelag in die Matthee-huis, onthou Toni. Hilary beaam dit: “My ma het my looppop Victoria die tweede naam Constipation gegee. Ek het nie geweet wat die naam beteken het nie.” 

Eers toe sy 12 jaar oud was, het haar ma die woord aan haar verduidelik. “Ek was ontsteld, maar die pop was klaar gedoop.”

hilary matthee,margot olivier
Hilary en Margot Olivier by haar beerversameling. Foto: Verskaf

Wanneer Dalene geskryf het, was dit op die maat van musiek. 

“Die Bosboeke het vir Rossini in die CD-speler gevra. Wanneer sy deur ’n mooi bergpas ry, het sy stilgehou om eers na ’n snit te luister. Dan sê sy: ‘Ja, die berge sal ook van die musiek hou,’ ” vertel Hilary. 

Sy het dié liefde vir die natuur aan haar dogters oorgedra. Op gesinsvakansies op Hartenbos het sy vir hulle opdragte gegee, vertel Toni. 

“Dan moes ons rondom die rondawel gaan soek na ’n doudruppel of ’n wit veer.”

Sy gaan stap gereeld met ’n rugsak in die berg, vertel Amanda, ’n kopieskrywer wat by die Universiteit Stellenbosch se sakeskool werk. 

Daar is baie gelag in die Matthee-huis, onthou Toni. Hilary beaam dit: “My ma het my looppop Victoria die tweede naam Constipation gegee. Ek het nie geweet wat die naam beteken het nie.”

“Om jou in die natuur te wortel is goed vir jou immuunstelsel en energie. Dit het my ma geglo en ek ook. Sy het dikwels kaalvoet geloop. Sy het geweet dit is goed vir haar.” 

Die lesse wat hulle by hul ma geleer het, bly hulle steeds by, sê die Matthee-dogters. 

Een hiervan is juis die kern van Fiela Se Kind: God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ’n kind aandoen nie.

“My ma het onwrikbaar hieraan geglo,” vertel Amanda. 

“Ons ma het ons geleer om hard te werk,” sê Hilary. 

“Vir haar was navorsing so verslawend soos dobbel. Hoe meer sy gekry het, hoe meer wou sy kry. ‘As lesers een feit betwyfel,’ het sy gesê, ‘sal hulle die hele boek in twyfel trek.’ ”

hilary matthee,amanda matthee,toni matthee
Van links is Hilary, Amanda en Toni op Graaff-Reinet. Foto: Verskaf

Hilary onthou haar ma as ’n “waarheidsmens”: “Sy het altyd gesê die waarheid is sterker as ’n leuen.”

“Ja, onthou jy toe ons eenkeer laatnag pa se Mercedes gesteel het om mee te gaan rondry?” vra Toni haar jonger suster en glimlag. 

“Toe gaan staan ons sonder petrol. Ons het ma gaan wakker maak en die waarheid vertel oor wat ons gedoen het. En daarom het sy ons gehelp.”

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.