Die dapper ma het dokters se voorspellings verkeerd bewys en ’n gasontploffing oorleef wat haar as kind in ’n vier maande lange koma geplaas het. 

Nahobi Perez (25), van Boston, Massachusetts, was net vyf jaar oud toe sy amper gesterf het weens ’n reusagtige gasontploffing in haar huis.

’n Gesinslid het in September 1997 besluit om ’n motorfiets in hul sitkamer reg te maak omdat daar ’n sneeustorm buite gewoed het.

Maar toe die petrol van die motorfiets meng met gas wat in die kombuis gelek het, het dit ’n reuse-ontploffing veroorsaak.

“Ek ken nie die besonderhede van hoe van die ontploffing gebeur het nie,” sê Nahobi. “Ek hou nie daarvan om my ma te steur deur so ’n aaklige dag in ons lewens op te haal nie.”

Nahobi se ma – wat toe swanger was – het vinnig by die venster uitgespring met haar eenjarige dogter in haar arms. Maar ’n paniekbevange Nahobi en haar jonger broer was nog in die brandende huis vasgekeer.

In order to love who you are, you cannot hate the experiences that shaped you ??

A post shared by Anaya??????Avery?????? (@nahobi_xxi) on

Toe sy besef haar ander kinders is nog binne, het Nahobi se desperate ma die deur afgebreek om hulle te red – ondanks haar gebreekte enkel.

Daar is met die vyfjarige hospitaal toe gejaag, waar sy vier maande lank in ’n koma was, maar sy het wonderbaarlik die voorval oorleef.

“My geliefdes was verpletter toe die dokters sê ek sou nie langer as seweuur daardie aand oorleef nie; daarom is hulle nou baie dankbaar dat ek leef. Ek moes verskeie operasies ondergaan om ‘normaal’ te lyk en om die lewe vir my ’n bietjie makliker te maak.”

Twintig jaar het verloop sedert die voorval, en die brunet het nou twee dogters van haar eie, Anaya en Avery. Die ma van twee het al meer as 20 operasies, meestal veloorplantings, ondergaan en het al weke lank in die hospitaal deurgebring.

I am beyond ready to kiss her little feet ??..... pero ella está en cotize???? #YouCanComeOutNow #MeDueleTodo #9Months

A post shared by Anaya??????Avery?????? (@nahobi_xxi) on

“Ek het altyd met my oë oop geslaap, maar ek het daarvoor ’n operasie ondergaan. My vingers was ook gevries in die posisie wat dit was toe ek my broer vasgehou het. Die Shriners-kinderhospitaal vir brandslagoffers was my tweede tuiste. Ek was so dikwels daar dat ek die meeste van die verpleegsters geken het.”

Maar ondanks verskeie veloorplantings aan haar oë, ore en mond, staar mense haar nog op straat aan.

“Dis deel van my lewe, so ek haat dit nie. Ek voel nie meer die gestaar nie, en as ek oogkontak maak met iemand wat na my staar, glimlag ek net en stel myself aan hulle voor; ek het al baie vriende op dié manier gemaak.”

Nahobi sê haar krag is aan haar ma te danke. “My ma het vir my soveel liefde gegee en my familie oor die algemeen, so ek het nie anders gevoel nie.

“My ma is die rede hoekom ek is wat ek is, en ek sê dankie daarvoor.”