book-icon Uitgawe 19 Maart 2020

Despatch-vrou se rou: My dogter se laaste gille toe sy in apteek vermoor is

akkreditasie
Marthinus Wessel van der Linde is des­tyds betrek by klein Jeandré se dood.
Marthinus Wessel van der Linde is des­tyds betrek by klein Jeandré se dood.

Sy steier na buite terwyl haar dogter se verskrik­like gille deur die stilte agter haar skeur. Maar Drusilla Vorster (61) veg om haar eie behoud: Met haar hande probeer sy die warm lewensbloed keer wat uit die meswond in haar maag vloei.

Van die oomblikke daarna in die straat buite die apteek op Joubertina, waar sy en haar dogter albei gewerk het, weet sy niks. Die volgende wat sy onthou, is die gesig en gerusstellende woorde van die paramedikus wat agter in die ambulans oor haar buk.

“Ek het gewag dat my kind ook in die ambulans gelaai word voor dit wegry . . . Maar dit het nie gebeur nie. Toe weet ek sy is dood,” onthou Drusilla vandag in haar huis op Despatch.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees