Kalkbaai in die Kaap en Maboneng in Johannesburg is baie koeler as dié twee wêreldstede.

Die Amerikaanse saketydskrif Forbes het onlangs dié twee buurte in Suid-Afrika onder hul top-12 koelste buurte ter wêreld gelys.

Die lys sluit stede wêreldwyd in wat Forbes beskryf as die “beste buurte om nou te verken”. 

A post shared by Anton (@antondup) on

Die 12 buurte sluit in Sants in Barcelona, Navy Yard in Washington, DC, Amsterdam-Noord en Seongsu-dong in Seoel, Suid-Korea. 

Van die reiskenners wat die stede gekies het, sê Kalkbaai, wat net "effens verwyder van die gewoel van Kaapstad” is, “lok meer as net die plaaslike branderplankryergemeenskap”.

Hulle is vol vir Kalkbaai se pragtige kafees, rustieke vissersbote en kleurryke winkeltjies en sy lewendige haweomgewing. 

A post shared by Jork (@graduadopaciencia) on

Forbes beskryf Moboneng as ’n buurt wat liewer vermy moes word tot die einde van apartheid in 1994. “Maar dit is sedertdien omskep in ’n borrelende stedelike gebied met bloeiende kuns en kookkuns.”

Volgens Forbes is die “kompakte woonbuurt” bekend vir die kulturele aantreklikhede soos die Museum of African Design en Arts on Main.

Die kos in die omgewing word ook aangeprys. Die kosverskeidenheid is wyd uiteenlopend, skryf Forbes