Tans staan die totale getal van Suid-Afrikaners wat die coronavirussiekte opgedoen het op 796 472 – waarvan 734 505 herstel het – en 21 709 mense het gesterf nadat hulle met die virus besmet is. Landwyd het die aantal nuwe infeksies toegeneem vanaf 1 500 per dag in die eerste week van November tot ’n gemiddeld van 2 900 per dag in die laaste week van dié maand.

In sy toespraak het Ramaphosa Nelson Mandelabaai tot ’n covid-19-brandpunt verklaar weens skerp toenames in coronavirus-infeksies in die distrik. Vanaf middernag Donderdag geld ’n aandklokreël in die distrik vanaf 22:00 tot 04:00.

Die res van die land sal steeds op vlak 1 van die inperkingsreëls bly.

Die president het ook by alle Suid-Afrikaners gepleit om steeds verantwoordelik op te tree in die komende Kersseisoen deur maskers te dra en sosiale distansiëring te handhaaf. 

Kyk hier na die president se volledige toespraak.