As jy gedink het jy het al alles gesien wat wenkbroutendense betref, vergis jy jou lelik – hierdie jongste gier sal jou stapelgek maak.

Al hoe meer Instagram-gebruikers het die jongste “Nike”-wenkbrouneiging vir die eerste keer vertoon en dit kan maklik bekend raak as die mees bisarre wenkbrouneiging van 2017.

’n Gevestigde grimeringskunstenares, @SlayageByJess – haar handvatsel op Instagram – wat swart oogomlyner ingespan het om die gepunte wenkbroue te skep, het heel eerste die voorkoms vertoon.

When u really can't do it!! #NIKEBROWS ??????@boujiebarb #makeupnmelanin #wavybrows #newtrend

A post shared by Makeup 'N' Melanin (@makeupnmelanin) on

Dit was nie lank voordat mede-Instagrammers die gekke neiging aangeneem het nie.  Party van hulle het ’n meer simplistiese variasie vertoon, terwyl ander dit met glinsterstof opgetert het – en daar was dié wat die opwaartse streep selfs langer gemaak het.

En, asof dit nog nie genoeg is nie, het mense die gepaste byskrif by hul foto’s gebruik met die hutsmerk “just do it”, sodat die handelsmerk wat op hul gesigte aangebring is, behoorlik verteenwoordig kan word.

Added lashes by @vegas_nay to complete my random bored #nikebrows #justdoit

A post shared by Adrianna Sustaita (@adriannasustaitamakeup) on

Een ding is seker: as jy bang is om hierdie nuwe neiging uit te toets, moet jy eenvoudig jou oë toemaak en “just do it”!

Bronne: metro.co.uk, popsugar.com, thesun.co.uk