Wanneer die Springbokspan op die veld draf, is hulle nie alleen nie want hul trotse ondersteuners is hart en siel sáám op die veld. En as hulle daardie gesogte goue beker omhoog hou, is daar geen keer aan hul trots nie. Elke keer huldig die Huisgenoot die manne se moed en durf met 'n pragvoorblad.

Toe die Springbokspan in 1995 die All Blacks in die Wêreldbekerfinaal op Ellispark uitgeknikker het, was die gees van samehorigheid tasbaar waar jy ook jouself bevind het.

Huisgenoot het dankie gesê met ’n skitterende uithaal-boekie waarin talle van die skouspelagtige, en soms stormagtige oomblikke van die toernooi vasgevat is.

'n Spoggerige uithaalbylae het die Bokke se opmars
'n Spoggerige uithaalbylae het die Bokke se opmars tot en met die finale oorwinning gehuldig.

Die stryd tussen James Small en die Kiwi-blits Jonah Lomu het veral die tonge laat klap. 

In 2007 doen die Bokke wraggies weer die ding toe hulle Engeland op 20 Oktober in die Stade de France, Parys, met 15-6 klop en so die tweede land word wat daarin kon slaag om die gesogte goue beker trots omhoog te kon lig.

'n Volle 7 bladsye en 'n pragfoto het die Bokke se
'n Volle 7 bladsye en 'n pragfoto het die Bokke se oorwinning gehuldig.

Victor Matfield is destyds as speler van die wedstryd aangewys en dit was Percy Montgomery se goue stewel wat vier strafskoppe tussen die pale deurgejaag het.

Nou gaan ons moet wag en sien hoe lyk die volgende voorblad!

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.