Facebook gaan nie nonsens vat van blaaie wat hul gebruikers met ’n slap riem wil vang nie.

Die sosiale netwerk het vandeesweek aangekondig dat hulle op blaaie gaan toeslaan wat mense wil intrek met wat hulle “engagement bait” noem. 

Facebook het talle klagtes oor inskrywings gekry wat gebruikers wil lok deur te vra dat hulle van ’n inskrywing moet hou, dit moet deel, kommentaar moet lewer of ander aksies op hul blaaie moet uitoefen. 

Inskrywings soos dit is iets van die verlede. Foto: Facebook

Volgens Facebook doen die groepe of blaaie dit sodat hulle meer interaksie met gebruikers kan kry en hoër op nuusvoere kan verskyn. 

Dit sluit in: 'Hou van die plasing as jy ’n Boogskutter' is of ‘Tik JA as jy ’n motor wil wen’. Facebook sê die blaaie doen dit om voordeel te trek uit die algoritme van jou nuusvoer. 

Van vandeesweek af gaan groepe of blaaie wat mense so probeer uitvang, deur Facebook afgeskaal word.

“Die volgende paar weke gaan ons sterker pogings instel sodat blaaie wat sistematies en aanhoudend 'engagement bait' gebruik om kunsmatige groei op nuusvoere te bereik, se reik kan afneem."