Maar dié gier is soos die modewêreld self: wispelturig. Met mode weet ’n mens eintlik nooit – dis maar ’n onbestendige bedryf.

Die modehuis Balenciaga het mode en gemak probeer kombineer en, voilà!, Platform Crocs is die eindresultaat.

@balenciaga just brought the Crocs game to new heights. Swipe ?? to get a second look at the shoe they sent down the runway in Paris.

A post shared by Crocs Shoes (@crocs) on

Modelle het die loopplank vuur en vlam geloop met hul modieuse en gemaklike skoene.

Die Crocs is versier met oulike kettinkies en allerhande mooi goedjies. Dis ook in die helderste kleure soos pienk en geel.

Color block /crocs /fluo /panthère @balenciaga #pfw #fashionweek #balenciaga #crocs

A post shared by L'Espionne (@lespionneparisfemme) on

Maar almal is nie beïndruk met die nuwe gier nie – oulike kettinkies of nie. Party mense meen dat Crocs net op sekere plekke hoort – in die tuin, huis en motor!

Maar helaas, soos die Engelse, sê “To each his own” – so besluit maar self of jy saam met die modestroom gaan swem.

Bronne: Metro, Instagram