book-icon Uitgawe 20 Augustus 2020

Die platteland in 'n pandemie – deel 2: So knak jag-regulasies ons

akkreditasie
Jacques Myburgh
Jacques Myburgh

Vir ’n stadsjapie is daar iets bevrydends aan wakker word op ’n klein dorpie. Jou dag begin stadiger en die koppie boeretroos proe soeter as gewoonlik. Buite kwetter tarentale en van iewers kom die geskel van ’n dikkopkiewiet. En dis asof jou gemoed ’n diep sug van verligting gee. Die ratte draai stadiger op dorpe soos Vryburg.

Dit is dag twee van my reis deur die platteland om te sien watter uitwerking die covid-19-pandemie op kleiner dorpe het, en ek gaan vandag die Corolla se neus in die rigting van die Noord-Kaap stuur, diep die Kalahari in.

Maar eers is daar nog onafgehandelde sake op Vryburg. Afgesien van die pandemie wat ook hier sy merk laat, is dié dorp en sy inwoners met my besoek nog diep geruk deur ’n plaasaanval op een van hul naburige dorpies.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees