Suid-Afrikaners sal Saterdag hul Groen-en-Goud dra om hul span in die Wêreldbeker (WB)-eindstryd in Japan te ondersteun. 

As die Spring­bokke wen, sal hulle die eerste span word wat die Webb Ellis-trofee omhoog hou nadat hulle 'n groepwedstryd verloor het – teen Nieu-Seeland in hul eerste wedstryd. 

Ná Engeland se indrukwekkende halfeindstryd-oorwinning oor die All Blacks het die Rose dalk die voorsprong. Maar Siya Kolisi-hulle gaan hul bes doen om die beker 'n derde keer huis toe te bring.

Die eindstrydstadion

Die Internasionale stadion Jokohama. Foto: Gallo I
Die Internasionale stadion Jokohama. Foto: Gallo Images/ Getty Images
  • Kapasiteit: 72 327 Bouwerk voltooi: Oktober 1997Koste: R2,5 miljard Albei halfeindstryde is ook in dié stadion gespeel.
  • Jokohama word dikwels die geboorteplek van rugby in Japan genoem.
  • Rugbywedstryde is glo al in die 1860’s gespeel by die Jokohama-voetbal­klub – vandag die Yokohama Country & Athletic Club genoem. Die eindstryd van die 2002-Fifa-Wêreldbekersokkertoernooi – Duitsland teen Brasilië – is ook hier gespeel voor 69 000 toeskouers. 

Suid-Afrika

Die Springbok-spelers. Van links na regs: Eben Etz
Die Springbok-spelers. Van links na regs: Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit, Herschel Jantjies, Handré Pollard en Wille le Roux. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Die meeste drieë en punte vir SA in 2019-WB

Makazole Mapimpi mik doellyn toe. Foto: Gallo Imag
Makazole Mapimpi mik doellyn toe. Foto: Gallo Images/Getty Images

SA in WB-eindstryde

Die Springbokke het al in twee WB-eindstryde gespeel – en albei gewen.

  • 15 - 12: 1995 t. NS – gewen
  • 15 - 6: 2007 t. Eng. – gewen 

Suid-Afrika het al vier keer in die WB-geskiedenis teen Engeland gespeel – en drie van die wedstryde gewen. Die Bokke verloor in 2003 teen hulle; die Rose wen toe daardie jaar die toernooi. 

Gewig van SA se WB-voorspelers

Die Bokke se agttal weeg saam 900 kg. 

Langste t. kortste

RG Snyman. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Herschel Jantjies. Foto: Gallo Images/ Getty Image
Herschel Jantjies. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Kaptein

  • Siya Kolisi
  • 28 jaar oud
  • 1,87 m
  • 106 kg
  • Flank
  • 49 toetswedstryde

Springbok-afrigter: Rassie Erasmus

Rassie Erasmus
Rassie Erasmus is glo die grootste grapjas in die span, maar hy weet ook wanneer om ernstig te wees. Foto: Gallo Image/Getty Images
  • 47 jaar oud, in Suid-Afrika gebore.
  • Ook SA Rugby se direkteur van rugby.
  • Begin sy afrigtingloopbaan in 2004 by die Cheetahs. 
  • Was die direkteur van rugby by die Ierse klub Munster voor hy teruggetrek het na SA om die Springbok-afrigter te word.
  • Rig SA sedert 2018 af.
  • Onder sy afrigting speel die Bokke 25 toetse en wen 16 ­daarvan – 'n wenpersentasie van 64%.

Afrigtingstyl

Rugbykenners sê Rassie benut Suid-Afrika se sterkpunte – ons sterk voorspelers – ten volle. Sy spelers en afrigtingspersoneel weet presies wat van hulle verwag word. Hy is toeganklik en professioneel.

Engeland

Die Engelse rugbyspan. Foto: Gallo Images/ Getty I
Die Engelse rugbyspan. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Die meeste drieë en punte vir Engeland in 2019-WB

Drie drieë elk: Mana Tuilagi, Jonny May, Luke Cowan-Dickie

Engeland in WB-eindstryde

Die Rose het al in drie WB-eindstryde gespeel en een daarvan gewen. SA en Engeland se vorige WB-kragmeting was die 2007-eindstryd.

  • 6 - 12: 1992 t. Australië – verloor
  • 20 - 17: 2003 t. Australië – wen
  • 6 - 15: 2007 t. SA – verloor

Gewig van Engelse WB-voorspelers

Engeland se agttal weeg saam 920 kg.

Langste t. kortste

Courtney Lawes. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Courtney Lawes. Foto: Gallo Images/ Getty Images
George Ford. Foto: Gallo Images/ Getty Images
George Ford. Foto: Gallo Images/ Getty Images
  • Courtney Lawes – 2 m; 111 kg
  • George Ford 1,78 m; 84 kg

Kaptein

Owen Farrell. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Owen Farrell. Foto: Gallo Images/ Getty Images
  • Owen Farrell
  • 28 jaar oud
  • 1,88 m
  • 92 kg
  • Losskakel
  • 78 toetswedstryde

Engeland se Afrigter: Eddie Jones

Eddie Jones. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Eddie Jones. Foto: Gallo Images/ Getty Images
  • 59 jaar oud, in Australië gebore.
  • Rig Australië af in die 2003-WB toe hulle in die eindstryd teen Engeland verloor.
  • Assistentafrigter van die Springbokke in die 2007-WB toe die span die WB wen.
  • Rig Japan af toe hulle die Bokke in die 2015-WB klop.
  • Rig Engeland sedert 2015 af.
  • Onder sy afrigting speel Engeland 50 toetse en wen 39 daarvan – 'n wenpersentasie van 78%.

Afrigtingstyl

Hy is 'n meesterbeplanner en glo voorbereiding is die sleutel tot sukses. Hy is nie op sy bek geval nie en is daarvoor bekend dat hy die media en sy teenstanders laat regop sit met sy aanmerkings voor wedstryde.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.