Die konstitusionele hof van Suid-Afrika het sy appèlaansoek teen sy 13 jaarlange tronkstraf geweier.  

Die hof het sy aansoek om kondonering en verlof tot appèl in oorweging geneem en uiteindelik appèl geweier. Volgens Dr. Llewellyn Curlewis, regskenner, is die kondonering omdat Oscar se regspan sy appèl laat ingedien het.

“Die konstitusionele hof het die aansoek om kondonering en verlof tot appèl oorweeg. Dit het tot die gevolgtrekking gekom die aansoek om kondonering moet toegestaan word, maar die aansoek om verlof tot appèl moet afgewys word aangesien dit nie die jurisdiksie van hierdie hof betrek nie.” 

Dié bevel is op 28 Maart 2018 uitgereik.

“Hierdie is die einde van die pad vir Oscar,” het Curlewis aan Huisgenoot gesê.

“Ek stem saam met die hof se besluit om die aansoek te weier. Hulle het sy aansoek om kondonering in oorweging geneem maar uiteindelik besluit daar is niks wat hulle meer aan die saak kan doen nie. Dit is ongelukkig die einde van die pad vir hom.”

Oscar Pistorius is in 2015 skuldig bevind aan die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp.