“Ons is op ’n roadtrip Pretoria toe,”  sê Kurt aan Huisgenoot.

Dunay het dié foto op Instagram gedeel met die woorde: “Totsiens Kaap. Hallo familie, vriende, hartsmense en nuwe avonture” 

? Totsiens Kaap ? ?? Hallo familie, vriende, hartsmense en nuwe avonture ??

A post shared by Dunay (@dunayvanheerden) on

Die glanspaartjie het verlede jaar aan Huisgenoot gesê hulle is van plan om terug te trek Pretoria toe ná net meer as twee jaar in die Kaap. “In die Kaap is dit mooi, daar’s pragtige wynlande en dis taamlik veilig. Vir die kind is die leefstyl ook lekker. Ons het ongelooflike mense daar ontmoet, maar die meeste van ons vriende en familie is hier bo,”  het Kurt toe gesê.

Kurt het ook gesê die meeste van sy werk is in die noorde van die land.

Kurt het vroeër die maand aan Huisgenoot gesê hy sien vreeslik uit na die verhuising omdat dit belangrik is vir hul kinders Kade (1) en Kyrah (3) dat hulle die stimulasie van ’n groter netwerk vriende en familie het. Hy hoop ook hy sal dan meer tyd by die huis kan deurbring.

Kurt het toe gesê hy het soos ’n toeris gevoel in Kaapstad.

My gesin ?????????? #thisisus #ourfamily #love

A post shared by Dunay (@dunayvanheerden) on