Selfs in die skoonste huis is iewers 'n gaatjie wat jy jy misgekyk het.

Ruimtes onder die beddens, agter kaste en in die oond is plekke wat gereeld misgekyk word tydens 'n huisskoonmakery. 

Eintlik moet 'n mens na alles in die huis kyk en dit gereeld skoonmaak. Dit behels nie noodwendig meubelstukke nie, maar eerder gordyne en gloeilampe.

Om jou 'n idee te gee hoe deeglik jy jou huis moet skoonmaak, het Good Housekeeping 'n paar goue reëls neergelê. 

Die slaapkamer

Die duvet: Die duvet (nie die duvetlinne nie) is 'n heerlike plek vir stofmyte om in te broei. Die duvet moet elke vyf maande gewas word en elke vyf jaar vervang word. 

Die kussings: Kussing moet elke drie tot ses maande in die wasmasjien gegooi word. Gooi hulle weg ná twee jaar. As jy enige oorreding nodig het, onthou dat jy elke aand sowat 200 ml sweet op jou beddegoed afskei.

Die matras: Jou matras moet gereeld gestofsuig word. Dit moet gereeld omgedraai word en elke 10 jaar vervang word. 

Foto: Pexels

Sagte speelgoed: Heelparty sagte speelgoed in die huis is besmet met ontlasting. Was jou kind se speelgoed elke ses maande en elke keer dat hulle siek is. 

Onderklere: Was jou onderklere elke week en vervang dit elke jaar. Was slaapklere en beddegoed weekliks en jou bra ná drie of vier keer se dra. 

Die badkamer

Stortgordyne: Jy moet die stortgordyne een keer per maand met 'n skoonmaakmiddel was in die bad of in die wasmasjien. 

Tandeborselhouer:  Dié houer is een van die vuilste goed in die huis. Was dit elke week. Was ook jou tandeborsel elke maand met kookwater en vervang tandeborsels al om die drie maande. Hulle bevat 10 miljoen kieme. 

Foto: Pexels

Die toiletborsel: Dit moet een keer per week skoongemaak word. Jy kan dit doen deur die toiletbak met ‘n bleikmiddel te vul en die toiletborsel daarin te laat week. 

Grimeerborsels: Was dit twee maal per week. Moenie jou borsels met ander deel nie. 
 
Dit is 'n algemene reël dat jy die badkamer elke week moet skoonmaak, die toiletsitplek elke dag moet afvee en twee koppies asyn in water moet byvoeg wanneer jy die handdoeke was.

Die kombuis

Die wasbak: Skrop die wasbak twee keer deeglik. Die sponse moet daagliks gewas word en elke week weggegooi word. Vadoeke moet elke week in kokende water geweek word en ná 'n maand vervang word. 

Foto: Pexels

Die ketel: Maak die ketel elke drie maande skoon. 

Oond: Maak die oonddeur elke week skoon en was die oond elke maand deeglik binne. Raak ontslae van al die gebrande oorskiet. 

Wasmasjien:  Maak die wasmasjien elke maand skoon. As jy jou troeteldier se beddegoed gewas het, maak die masjien daarna ook skoon. 

Yskas: Maak jou yskas twee keer per jaar deeglik skoon. Om reuke te verwyder, sit 'n bakkie vanieljegeursel of koeksoda binne.