Dertien vroue ondergaan radikale gedaantewisselings in die reeks. "Om te sien hoe die deelnemers met hul skouers teruggetrek en hul kop omhoog hul nuwe voorkoms wys, is inspirerend," het Clare al aan Huisgenoot vertel. 

Hier is van ons gunstelingtransformasies wat al in die program gesien is.

Isabel Terblanche (54)

"Ek lyk nou omtrent 10 jaar jonger," sê Isabel, wat saam met haar man, Gert, naby Riviersonderend in die Wes-Kaap met skape boer.

Isabel het onder meer ’n chemiese afskilfering en laserbehandeling ondergaan om sonskade te herstel en botoksinspuitings gekry vir ’n gladder vel.

Die Kaapse tandarts dr. JJ Serfontein het ook haar botande opgebou en met krone en fineer vorentoe gebring. En kyk net daardie glimlag!

Isabel het haar man, Gert, se asem weggeslaan! 

Patricia Viviers (52)

Patricia van Gordonsbaai in Kaapstad was aanvanklik te skaam om vir die program in te skryf, maar ons wed sy is nie een dag spyt daaroor nie.

Van haar tande het uitgeval in haar swaarkryjare toe sy haar drie kinders alleen moes grootmaak ná haar man se dood. "Ek voel weer 25 en wil die kans gebruik om vir my 'n behoorlike, goeie werk te soek," het sy vroeër aan Huisgenoot vertel.

Ronel Nel (54)

Die kleremaker van Kuilsrivier naby Kaapstad het vroeër aan ons vertel haar oormaaksessie het haar weer selfversekerd laat voel.

Daleen van Pletzen (52)

Die boekhouer en ma van vier van Somerset-Wes in die Wes-Kaap wil nie weer haar voorkoms laat agteruitgaan nie, het sy vroeër vertel.

Hier is nog transformasies wat ons oë laat rek het.

En dit lyk of die deelnemers – en Clare – sommer hope pret op stel gehad het!