Volgens Newsweek het dr. Ronny Jackson ná die president se jaarlikse mediese ondersoek aangekondig dat hy sowat 5 kg van sy huidige gewig van 108 kg moet afskud.

Die ondersoek se bevindinge is Dinsdag aangekondig, en kon teenstanders van Trump wat meen hy gaan verstandelik agteruit, tot swye bring.

Donald Trump op die gholfbaan. Foto: The Asahi Shimbun via Getty Images

Baie mense op die internet het van die geleentheid gebruik gemaak om Trump se gewig, en dus die waardigheid van die hele ondersoek, te bevraagteken.

Ander het in die sosiale media Trump met Amerikaanse atlete vergelyk, in ’n poging om hul misnoeë uit te spreek.

Die regisseur van die gewilde Guardians of the Galaxy-flieks, James Gunn, het Trump op Twitter uitgedaag.

James skryf hy sal $100 000 (R1,2 miljoen) aan 'n liefdadigheidsorganisasie van Trump se keuse gee as die president op 'n akkurate skaal sal klim.