Regter Rosemarie Aquilina het die eens wêreldbekende dokter tot ’n minimum van 40 jaar en maksimum van 176 jaar tronkstraf gevonnis, berig CNN

Tydens haar uitspraak het sy genoem sy wil seker maak hy kom nooit weer uit nie. 

Chelsea Williams vertel hoe Larry Nassar haar oor die jare gemolesteer het. Haar man het haar ondersteun. Foto: Getty Images

“Ek het pas jou doodvonnis onderteken,” het sy gesê.   

Nassar is reeds besig om ’n vonnis van 60 jaar uit te dien vir besit van kinderpornografie, berig die Washington Post

Nicole Walker en haar kêrel vee die trane af tydens haar emosionele getuienis. Foto: Getty Images

Hy het skuld beken op sewe aanklagte van seksuele molestering, maar is aangekla van meer as 100 gevalle. 

Emosies het hoog geloop toe meer as 150 vroue – insluitend ma’s, dogters, susters en Olimpiese atlete – oor ’n tydperk van sewe dae vertel het hoe Larry hulle gemolesteer het. 

Staatsaanklaer Angela Povilaitis vee ’n traan af terwyl sy na slagogffers se stories luister. Foto: Getty Images

Die aanklagte strek oor ’n tydperk van twee dekades, berig BBC

Volgens CNN het sy tekort aan berou die regter die meeste ontstel. 

Larry Nassar verskyn in die hof. Getty Images

“Ek sal nie eens my honde na jou toe stuur nie, meneer,” het sy gesê.