Francois het vroeër die oggend die nagmaaldiens by die Stilfontein NG Kerk behartig. 

Luidens vroeëre berigte is die pa en seun saam in raaiselagtige omstandighede in die Stilfontein-pastorie dood. Maandag het die polisie aan Huisgenoot bevestig dat 'n 60-jarige man sy seun en daarna homself geskiet het, maar dat hulle nog nie die name amptelik gaan bekendmaak nie.

Op die Klerksdorp Rekord-koerant se Facebook-blad het gemeentelede hulle medelye aan Francois se vrou, Herzola gestuur.

Magriet Otto se inskrywing op Facebook.

Die polisie is Sondagmiddag om 14:45 na 'n huis in Stilfontein ontbied oor 'n skietvoorval, sê die Noordwes-polisiewoordvoerder, kol. Adéle Myburgh.

"’n Pa in sy 60's het vermoedelik sy seun, wat in sy 30’s is, geskiet het en toe homself. Ons kan nog nie die name van die slagoffers bekend maak nie, want hulle is nog nie amptelik uit geken deur familielede nie,” sê sy aan Huisgenoot. 

Francois was in sy 60's en Rupert is 31 jaar oud. 

Die polisie ondersoek ’n saak van moord. “Die motief (vir die voorval) is in die stadium totaal onbekend,” sê sy. 

Adéle wou nie verder uitwei oor die spesifieke besonderhede van die saak, soos wie die polisie gebel het en of ander ook by die huis teenwoordig was met die skietery nie. 

Die kerk kon nie vir kommentaar bereik word nie.