Die egpaar se verkoolde lyke is op 13 Julie op die oewer van die Vaalrivier tussen tussen Vanderbijlpark en Vereeniging gekry.

Die polisie het op 21 Augustus bevestig dat die lyke wat deur verbygangers gekry is, wel dié van Willem en Isa is.

Die egpaar het onverklaarbaar op 12 Julie nadat hulle van 'n vakansie in Nelspruit teruggekeer het, spoorloos verdwyn.

Hulle tasse het nog in die voorportaal gestaan en daar was ook bloedmerke in die motorhuis van die Swarts se huis.

Isa se motor is kort daarna by 'n spoorwegstasie in Vereeniging opgespoor.

Volgens kapt. Fikile Funda, woordvoerder van die polisie in Vereeniging, is daar nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie.

“Die polisie volg alle moontlike leidrade om die moordenaars op te spoor.”